Ware gebed lei na beter wysheid
ฝัง
- เผยแพร่เมื่อ 21 ธ.ค. 2024
- 10 GEBOOIE VAN VALWASSENHEID
DANIËL 6:1-12
TIEN GEBOOIE VAN VOLWASSENHEID
1. ‘n Lewe van dankbaarheid wat gewys word in daaglikse vreugde.
2. Gewillig om lewe se kompleksiteit met empatie te hanteer.
3. Draai jaloesie, beledigings, beskuldigings, bitterheid heeltemal om, eerder as om terug te betaal.
4. Swaarkry maak jou eerder sag as hard.
5. Vergifnis: vergewe ander, jouself en God vir die onregverdigheid van die lewe.
6. Wyse kommunikasie van sukses, mislukking en stilte.
7. Lewe van gebed.
8. Aanvaarding van andersheid, onvoorwaarlike liefde in motiewe en gee.
9. Oorgee, vertroue, geloof.
10. Hou nooit op leer nie.
DANIËL - WYSHEID EN GEBED LOOP SAAM
Die Mediër Darius het koning geword toe hy 62 jaar oud was. Darius het dit goedgedink om 120 amptenare oor sy koninkryk aan te stel. Oor hulle het hy drie hoofde aangestel as toesighouers wat na die koning se belange moes omsien. Daniël was een van die drie. Daniël was besonder bekwaam en het homself van die amptenare en die ander hoofde onderskei. Die koning het selfs oorweeg om hom oor sy hele ryk aan te stel. Die amptenare en hoofde het toe begin fout soek om iets oor sy werk teen Daniël in te bring. Hulle kon nêrens enige fout kry nie. Daniël was betroubaar en daar kon
niks gekry word waarin hy nalatig was nie.
Daniël 6:1-5 (NLV)
Toe Daniël hoor dat die wet onderteken is, het hy huis toe gegaan. Hy het daar ’n venster gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem. Hy het daar drie maal ’n dag op sy knieë gegaan om tot sy God te bid en om Hom te loof, soos hy gewoond was om te doen. Die amptenare het toe bymekaargekom en op Daniël afgekom
waar hy besig was om tot sy God te bid.
Daniël 6:11-12 (NLV)
WIE WIL NIE WYSER OUD WORD NIE?
“Daar is ’n man hier in die ryk in wie die Gees van die heilige God is. Toe jou pa nog regeer het, het almal geweet dat hierdie man sy gesonde verstand kon gebruik en dat hy baie slim was. Dit was amper of hy self ’n god was. Jou pa, koning Nebukadnesar, het hom as hoof oor al die towenaars, fortuinvertellers, sterrevoorspellers en besweerders aangestel. Hy het ’n flink brein met ’n buitengewone vermoë om drome te kan uitlê, probleme op te los en moeilike sake uit te sorteer. Laat roep vir Daniël, vir wie jou pa die naam Beltsasar gegee het. Hy sal vir jou kan sê wat die skrif teen die muur beteken.”
Daniël 5:11-12 (DB)
ONS KAN GROEI IN ONS GEBEDSLEWE
Praat baie, praat oor alles
Praat en luister - dialoog
Luister - hou op praat
Stilte - innerlike stilte
Bewustheid - hoor, sien, verstaan die onverstaanbare - lewe in gereedheid
Jesus het hom geantwoord: “Die belangrikste gebod is die volgende: ‘Luister, o Israel, die Here ons God is die énigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.’ Die tweede gebod is net so belangrik: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Hierdie twee
vorm saam die allerbelangrikste opdrag.”
Markus 12:29-31 (NLV)