06 Oktober 2024 Oggenddiens - Ds. Stefaans de Bruyn

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 6 ต.ค. 2024
  • GKSA Psalms App:
    Play Store: play.google.co...
    Apple Store: apps.apple.com...
    Lofpsalm Ps 122:1,2
    Geloofsbelydenis SB 2-2 (34):1,3
    Verootmoediging Ps 86:1,2,8
    Vryspraak SB 11-3 (16):4,5,6,7
    Antwoord Ps 34:1,4,8
    Teks: Genesis 43:14,23,29 (33/53 vertaling)
    Tema: God, die Almagtige, verleen barmhartigheid en gee vrede.
    Die koring wat Jakob se seuns uit Egipte gebring het, het opgeraak. Jakob sê dat hulle weer moet gaan om te gaan koring koop, maar die broers sien nie kans om te gaan, sonder Benjamin nie. Juda tree na vore en bied homself aan as borg vir Benjamin. Jakob stem in met die bede dat God, die Almagtige aan hulle barmhartigheid sal verleen. In hierdie instemming van Jakob sien ons dat God aan hom barmhartigheid verleen het, want sy instemming is met geloof in God, die Almagtige.
    In Egipte is die broers bang toe hulle na Josef se huis gebring word. Hulle vrees dat hulle oorrompel gaan word en as slawe geneem sal word. Hulle vertel aan die opsigter oor die huis van Josef dat hulle die geld teruggebring het wat hulle die vorige keer in hulle sakke gevind het. Dan wens die man vir hulle vrede toe en sê dat hulle nie bang moet wees nie, maar dat hulle God en die God van hulle vader vir hulle 'n skat in hulle sakke gegee het. Hulle hoor van vrede in hulle angs en van hulle God en die God van hulle vader wat aan hulle voorsien. Dit hoor hulle boonop uit die mond van 'n Egiptenaar.
    Wanneer Josef vir Benjamin ontmoet, is sy eerste woord aan hom “God”. In ons vertaling is dit: “Mag God jou genadig wees.” Die barmhartigheid waarvoor Jakob gebid het, vind die broers in Josef. Hy berei vir hulle 'n feesmaal. God gebruik hom om vir hulle vrede te bring. In wat Josef doen, sien ons soveel van Jesus wat groter is as Josef en deur Wie God aan ons barmhartigheid verleen en vrede gee.

ความคิดเห็น •