VEELKLEURIG Episode 57 - Ronell gesels met Joshua na die Reën

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 18 ก.ย. 2024
  • Joshua na die Reën. Gravitas-musikant. Gravitas-liedjieskrywer. Gravitas-sanger. Gravita-geloofsdeler.
    Ronell gesels hierdie Woensdag, 3 November 2021, met dié supersterkunstenaar in haar beeldstroomprogram #Veelkleurig. En sjoe, watter inspirerende gesprek is dit nie.
    Leer Jacques, die regte naam van JNDR, op ’n heel ander vlak ken. Hy gesels oor deernis, stilword, oor pa-wees, oor gesin, oor sy vrou, oor hoop, en bowenal oor sy verhouding met die Here. Dis die een #Veelkleurig-gesprek wat jy nie vanjaar mag misloop nie.
    Hy vertel ook meer oor sy loopbaan en die effek van grendeltyd en selfs waar die naam “Joshua na die Reën” vandaan kom.
    As deel van die onderhoud deel ons kort snitte van sy musiek en het ons op Spotify en op TH-cam (klik heel onder) speellyste van sy musiek opgestel. Ons deel ook vandeesweek op Facebook en Instagram verskeie van sy musiekvideo’s.
    Dié diep-gesels episode van #Veelkleurig beeldstroom gelyktydig op Facebook, TH-cam en Instagram. Jy kan dit dan ook as ’n potgooi luister op Spotify, Deezer, Amazon, Apple en ander potgooiplatforms. Onthou die episode bly op al die platforms beskikbaar om later te kyk of te herkyk.
    Luister na JNDR se musiek by ons speellys: • Joshua na die Reën
    #LeefLiefde #LeefHoop #ElkeDag
    www.ronellbezuidenhout.co.za

ความคิดเห็น • 4

  • @LeeSeptember
    @LeeSeptember 2 ปีที่แล้ว

    Dankie vir dit, vir Jacques se eerlikheid en dat hy sy talent met ons deel.

  • @vdmerwejo
    @vdmerwejo 2 ปีที่แล้ว

    Mooi interview. Dankie Jacques vir die deel. Ek bid dat God jou en familie sal seen.

  • @arthurkuyler1080
    @arthurkuyler1080 2 ปีที่แล้ว

    Hi Jacques, baie dankie vir die interview, ek geniet jou musiek en sien uit na jou nuwe album. Mag Vader jou en jou gesin ryklik seen.

  • @NetEenWaarheid
    @NetEenWaarheid 2 ปีที่แล้ว

    Lief vir jou boetie!