Sondagoggend, 17 Mei 2020 | Wat ek geleer het in lockdown - Daar is iets wat ek misgekyk het

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 21 ธ.ค. 2024
  • Dankie dat jy inskakel by ons aanlyn diens.
    VOLG ONS OP ONS SOSIALE PLATVORME:
    Facebook: / www.kg.org.za
    Instagram: / kompasgemee. .
    Ontdekkers - Kompas Gemeente (3-8 jaar)
    www.youtube.co....
    Een Rigting - Kompas Gemeente (9-12 jaar)
    www.youtube.co....
    Toegee (13-18 jaar)
    www.youtube.co....
    Onbeperk (jong volwassenes)
    www.youtube.co....
    JY KAN KONTAK MAAK BY:
    13-18 jaar: Tommie Arpin - 0823426245 / tommie@kg.org.za
    19-27 jaar: Jonathan Müller - 0646586636 / jonathan@kg.org.za
    28-36 jaar: Edohan Burger - 0845700669 / edohan@kg.org.za
    37-47 jaar: Darius van der Schyf - 0728228267 / darius@kg.org.za
    48-57 jaar: Nico van As - 0829733895 / nico@kg.org.za
    58 jaar en ouer: Koos Jooste - 0842777770 / koos@kg.org.za
    Marius Malan: marius@kg.org.za
    Riaan Pelser: 082 775 7147 / riaan@kg.org.za
    Gebedsversoeke - info@kg.org.za
    PREEKNOTA:
    1. Ons almal het iets gesien wat moet verander
    2. In ons lewens, gebruik God tye soos hierdie om ons oë oop te maak
    a) Tye van vrees (Gideon - Rigters 6)
    b) Tye van desperaatheid (Saggeus - Lukas 19)
    c) Tye van moedloosheid (Verlore seun - Lukas 15)
    d) Tye van vervolging (Ananias - Handelinge 9)
    Handelinge 9:10-16 (NLV) 10Daar was ’n gelowige in Damaskus met die naam Ananias. Die Here het hom in ’n gesig geroep: ”Ananias!” ”Ja, Here!” het hy geantwoord. 11Daarop sê die Here vir hom: ”Gaan nóú Reguitstraat toe, na Judas se huis. Vra daar na Saulus van Tarsus. Want kyk, hy is besig om te bid. 12Ek het hom in ’n gesig laat sien dat ’n man met die naam Ananias inkom en sy hande op hom sit sodat hy weer kan sien.” 13Maar Ananias het geantwoord: ”Here, ek het al by baie mense van hierdie man gehoor - watter kwaad hy die gelowiges in Jerusalem aangedoen het! 14En ons hoor hy het ’n mandaat van die priesterhoofde om al die gelowiges hier in Damaskus te arresteer.” 15Die Here het egter vir hom gesê: ”Gaan doen wat Ek sê, want Ek het Saulus as my instrument uitgekies om my boodskap uit te dra na volke en konings, en ook aan die volk Israel. 16Ek sal inderdaad self vir hom wys hoeveel hy vir My moet ly.”
    3. Waarvoor maak God ons oë oop, in tye soos hierdie?
    a) Hy wys ons wie Hy is
    Handelinge 9:1-6 (NLV) 1Intussen het Saulus met elke asemteug dreigemente uitgespreek. Hy wou die volgelinge van die Here doodmaak, en het daarom na die hoofpriester toe gegaan. 2Hy het briewe van hom aan die sinagoges in Damaskus gevra waarin hulle versoek word om hom te help om dié wat aan ”Die Pad” behoort, mans én vroue, op te spoor, en hulle geboei na Jerusalem toe te bring. 3Toe hy op sy sending naby Damaskus kom, het daar skielik ’n lig uit die hemel hom omstraal! 4Hy het op die grond neergeval en ’n stem vir hom hoor sê: ”Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” 5”Wie is U, Here?” het hy toe gevra. ”Ek is Jesus,” antwoord Hy. ”Dis vir Mý wat jy vervolg! 6Staan nou op en gaan die stad in. Dáár sal vir jou gesê word wat jou te doen staan.”
    b) Hy wys ons wat nié in ons lewens moet wees nie
    Jakobus 4:13-17(NLV) 13Kom nou, julle wat sê: ”Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ’n jaar lank daar bly, ons sal sake doen en wins maak.” 14Julle weet nie eers wat die lewe môre vir julle inhou nie! Julle is soos die oggendmis - dis vir ’n rukkie sigbaar, en dan is dit weer weg. 15Julle moet eerder sê: ”As die Here dit so beskik, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.” 16Maar nou is julle arrogant en spog julle. Al sulke grootpratery is verkeerd.
    c) Hy wys en help ons om te word wie ons moet wees
    Jakobus 1:2-4 (NLV) 2My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees.
    4. Waar moet verandering in jou lewe plaasvind?
    1 Johannes 1:5-10 (NLV) 5Dit is dan die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle meedeel: God is lig en daar is hoegenaamd geen duisternis in Hom nie. 6As ons dan sê dat ons deel het aan Hom, maar in geestelike duisternis leef, lieg ons. Ons optrede weerspieël nie die waarheid nie. 7As ons optrede egter van die lig getuig, leef ons soos Hy wat in die lig is en het ons volledig deel aan mekaar, en die bloed van Jesus, sy Seun, maak ons skoon van elke sonde. 8As ons beweer dat ons nie sonde het nie, mislei ons onsself en leef ons nie volgens die waarheid nie. 9As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is. 10As ons beweer dat ons tot nou toe nie gesondig het nie, maak ons Hom tot ’n leuenaar. Dit beteken ook dat sy woord nie in ons lewe plek gekry het nie.
    5. Kyk en luister … wat tussen jou en God staan
    ____________________________________________________________
    Track info
    Timeless by Scandinavianz / scandinavianz Creative Commons - Attribution 3.0 Unported - CC BY 3.0 Free Download / Stream: bit.ly/_timeless Music promoted by Audio Library • Timeless - Scandinavia...

ความคิดเห็น • 2

  • @miemiecerva2508
    @miemiecerva2508 4 ปีที่แล้ว

    Baie dankie vir die awesome woord Marius!