Judas Petrus en EK - Henco Kruger

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 24 ต.ค. 2024
  • Wanneer ek WAARLIK tot bekering kom sal ek alles anderste sien. Wanneer iemand WAARLIK tot bekering gekom het, verander jou hele lewe en manier van dink oor dinge. Dan sal die wereld, sy sonde, sy doen en late, manier van dink oor dinge HEELTEMAL anders wees, dit sal eerstens wees oor om God te verheerlik en oor wat God daarvan sal sê, en jy sal God in alles WIL verheerlik en nie jou eie sonde en begeerlikhede wil goedpraat nie, en ook nie eerstens dink oor hoe ek myself en die eie ek daaroor voel of dink nie.. wanneer jy waarlik tot bekering gekom het het alles nuut geword en die ou dinge is weg.
    2Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
    Baie mense wat in sonde lewe raak aggresief teenoor predikers en ook die woord van God as die sonde in hul lewe openbaar gemaak word, dis soos iemand wat in 'n donker vertrek sy hele lewe gebly het en eweskielik word die gordyne oopgeruk en die ligte word aangesit, dan koes so persoon gewoonlik vir die lig omdat dit eweskielik ongemaklik is en die persoon nie die lig wil ontvang nie, dis lekkerder in die duister en daarom raak hul ook kwaad en wil gewoonlik die predikers aanvat omdat hul konsuis nou oordeel, maar die waarheid is die woord van God en die Heilige Gees het die lig in die duisternis ingebring en so bietjie die ''comfort zone" kom skud. Die woord van die HERE is 'n lig vir ons pad en 'n lamp vir ons voete, dit is daar om ons te help en nie seer te maak nie, dis daar om ons te red en nie verderf toe te stuur nie, die woord van God is jou vriend, nie jou vyand nie, en as ek iemand "offend" deur my prediking van die evangelie, so be it, ek wil jou HEMEL toe offend, ek kan jou nie hel nr 2 toe offend as jy reeds oppad is daarheen nie, Ek wil die goeie nuus van die evangelie uitbasuin, JESUS CHRISTUS, DAT HY VIR JOU GESTERF HET AGV AL JOU OORTREDINGE SODAT JY KAN LEWE - DIS HOE LIEF GOD JOU HET.. moenie dwaas wees om Sy offer weg te wys nie, jy is duur gekoop, moet nie die evangelie en die kruis goedkoop maak nie.

ความคิดเห็น •