My hel saam met Jaco Swart

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 26 ก.ย. 2024
  • Nicoleen Swart praat met Nuuspod oor haar huwelik met Jaco Swart wat Suid-Afrikaners onlangs die josie in het na hy 'n baie ligte vonnis vir aanranding op Nicoleen gekry het.

ความคิดเห็น • 429

  • @yolandeswanepoel6345
    @yolandeswanepoel6345 2 ปีที่แล้ว +47

    Ai vrou, my hart is stukkend vir jou en jou kids. Ek bid vir julle.🌷 Jy is ń sterk mens en ń inspirasie vir baie daar buite.

    • @johnbrook8673
      @johnbrook8673 2 ปีที่แล้ว

      Ek. Kry jou jammer Nicolene.
      Jaco is n lafaard. Hy is jou nie werd nie. Hy is n opperste egoiis.
      Jy is geregtig op n liefdevolle geborge lewe, sonder haat en bedreiging.
      Die Vader se seen sal met jou wees.

    • @kooswoke3998
      @kooswoke3998 2 ปีที่แล้ว +2

      Nicoleen my hart gaan oop vir jou ek weet hoe jy moet voel ek het n vrou van haar man gevat nadat ek hom n goeie loesing gegee het hy het haar geskop geslaan sodat sy haar een nier verloorhet en in hospitaal beland het ek kon dit nie vat nie ek was enkel en sy het ook twee seuns gehad .ek en sy was toe getroud vir 48.jaar en sy is toe oorlede en saam met my n konings lewe gehad

    • @Southafricantrucker
      @Southafricantrucker 2 ปีที่แล้ว

      Ek stem

    • @user-np7sx4yx6i
      @user-np7sx4yx6i 4 หลายเดือนก่อน

      Ek voel vir JOU en die kinders.EN EN BID vir julle.Ons as MAMMAS sal altyd se ons is ok ons moet net vir ons kind en kinders 😢

  • @waynesawyer
    @waynesawyer 2 ปีที่แล้ว +37

    Dankie Izak. Dankie Nicolene. Hierdie gesprekke is teer, maar so bitter nodig. Ons waardeer julle altwee.

  • @jessicanhlapo9339
    @jessicanhlapo9339 2 ปีที่แล้ว +15

    Love yourself Nicoleen. You are a beautiful woman. You've survived. You're alive. Other woman are no longer on this earth to speak up. Thank you for your courage. It will save a life. You've done nothing wrong, do not allow lies to minipulate you. You're worth living.

  • @margaretha69
    @margaretha69 2 ปีที่แล้ว +15

    Ek het so ń Pa gehad. Ongelukkig vir my Ma het sy ontaard in n volslae alkolis, haar hele lewe was verwoes. Ons moes ook baie wegkruip met n geskietery op ons. Hy het ons ook geslaan. Dit is nou baie jare later en my redding was toe ek tot bekering gekom het en het so mettertyd volkome genesing gevind en is gelukkig getroud met ń dierbare man.

  • @lindadebruin781
    @lindadebruin781 2 ปีที่แล้ว +5

    Sjoe!!! Wat 'n ondervinding!! Ek kannie nie glo daar bestaan so iets...Jy moes lankal pad gevat het my mensie. Staan sterk ons gebede gaan uit na jou en jou twee pragtige kinders. Onthou God is inbeheer glo en vertrou ken Hom in alle situasies. Hy sal jou.paaie gelyk maak.Hy sê neem my hand stap saam met my as jy nie meer kan dan dra ek jou. I will lift you up.higher mountains and stormy sea's.. Jy is myne sê HY.. Ons sal bid dat daai abuse letsel sal verdwyn en nooit weer terug sal kyk..Sterke liewe mensie..God Blessings❤💯💞👏👏👏

    • @eisbeinGermany
      @eisbeinGermany 2 ปีที่แล้ว

      Maar Eks seker hyt Al voor troue sy ware kleure gewys, Hkm trou met hom,

  • @macmac278
    @macmac278 2 ปีที่แล้ว +10

    Baie dankie vir die onderhoud!!

  • @riettedeysel1173
    @riettedeysel1173 2 ปีที่แล้ว +17

    Ek was 25 jaar in so huwelik en het gebly omdat ek gedink het dit is beter vir my kind en ja ek het ook my alles gegee! Ek verstaan jou seer en jy is ń ster dat jy kon wegbreek het!

  • @marishalltheron5255
    @marishalltheron5255 2 ปีที่แล้ว +17

    wow, so goed dis ek wat daar sit en praat. Selfde deurgemaak, net in n mindere mate. En ook geen regverdigheid daar buite nie. Dankie dat jy oopstaan vir ons wat in silence suffer.

  • @Leon-ph7br
    @Leon-ph7br 2 ปีที่แล้ว +29

    Izak, I criticized you last week, but today I thought you conducted a really good interview and made a big and important contribution. Thank you. All of the best to Nicoleen; stay strong... you need to be heard and treated with the respect you deserve.

  • @bruce12347
    @bruce12347 2 ปีที่แล้ว +11

    Ek is seker as ‘n groot man hom so slaan en skop sal hy huil soos die coward wat hy is. Ek hoop vir jou en die kinders vir die beste vir julle toekoms. 💕

  • @wilmajansenvvuuren841
    @wilmajansenvvuuren841 2 ปีที่แล้ว +8

    My Hart is stukkend vir jou!Ek Bid vir jou en jou kinders.Mag jy nou n gelukkige en Vreedsame lewe vol geluk en liede he🙏❤

  • @janineduplessis4224
    @janineduplessis4224 2 ปีที่แล้ว +5

    Mag die Here jou lei en wysheid gee. Wees sterk Nicoleen, my hart is dat jy hom sal vryspreek en vergewe. Want daarsonder sal jy n gevangene wees van onvergifnis en bitterheid. Om te vergewe is genade. Deur Hom en in Hom is daar vir jou oorwinning. Is daar vir jou genade. Vertrou die Here vir geestelike aanraking en innerlike genesing. Jy sal oorwin! Daar le n nuwe lewe en nuwe horisonne vir jou voor.
    Die Here is jou toevlug. Mag Hy jou geloof en hoop versterk. Hou aan Hom vas! Wees in Hom geanker.

    • @christenenienaber7939
      @christenenienaber7939 5 หลายเดือนก่อน

      Ai my dierbare kind,jy kan hom nooit vergewe,al wil jy,ek se dit want ek was in dieselfde posisie. En ek was gewaarsku dat as ek hom los,sal hy my doodmaak!!! Totdat ek gehoor het hy is dood,toe rus my siel vir die eerste keer!!!!! So distansieer jou heeltemal van daai man. En jy sal nooit heeltemal vergeet nie,so moenie jouself moeg maak om te probeer nie. Vat jou bybel+lees soos n mal ding,dit help nogals. Dis al raad wat ek het,goed gaan en sterkte ❤❤❤

  • @hanoleemarais3248
    @hanoleemarais3248 2 ปีที่แล้ว +6

    Dankie dat jy praat!! Daar baie vroue wat daar deer gaan.
    Ek was 9 jaar in so n virhouding.
    Al wat ek vir elke jong vrou kan se is die volgende. As jy twyfel gaan praat met voorige meissies , virlooftes en en en.
    Kyk na sy famiellie virband.
    Ek wens so n pad vir geen mens nie!!!

  • @renemarais9651
    @renemarais9651 2 ปีที่แล้ว +40

    Baie sterkte vir jou en jou kinders se toekoms! Daar is Baie mense wat bankvas agter jou staan! Ons bid saam jou vir groot veranderinge in jul lewens! 🙏

  • @essiescitechmedia4172
    @essiescitechmedia4172 2 ปีที่แล้ว +23

    I'm also a survivor so my heart goes out to women who are still trapped in those situations. Whether they believe they are worthless, fear where they will go with their kids or rather fight the devil they know...
    Unfortunately nobody can help them until they make the choice to stand up and fight for their freedom, knowing they might die in the process. Her story sparked so many memories for me...
    My prayers are with you and your kids Nicoleen. You are very brave. He might think he's strong coz he have muscles but you are so much stronger than he will ever be!
    One day this battle will be over and you will get the peace and respect you deserve ❤️

  • @christol5806
    @christol5806 2 ปีที่แล้ว +21

    Jy gee soveel seer mense n stem. Haal my hoed af vir jou!

  • @hettiehenning4601
    @hettiehenning4601 2 ปีที่แล้ว +4

    Izak..so dankie...gee aan God die Eer.Daardie persone sal voor Hom moet verduidelik.

  • @rz3101
    @rz3101 2 ปีที่แล้ว +13

    Such a brave women!!! Well done for walking away! You will find true happiness after all of this! You are standing for so many women and children in this crazy world!

  • @tswart
    @tswart 2 ปีที่แล้ว +27

    Ek verstaan heeltemal die totale situasie, ek was ook daar. Vrees, dreig om jou kinders weg te neem van jou af, dreig met selfmoord of om jou en jou familie uit te wis. Huil en smeek jou om terug te kom. Dit help nie dinge verander nie. Jare en jare se mishandeling. Hulle sorg dat hul jou die skuldige maak in alle situasies en dan kry jy pak. Ek dank die Here dat jy die moed gehad het om finaal te gaan. Alles wat mooi is vir jou en die kinders vir die toekoms. Geen mens wat nie daardeur was nie, sal ooit die werklikheid van dit besef en verstaan nie.

    • @Southafricantrucker
      @Southafricantrucker 2 ปีที่แล้ว +2

      Ja dis hel

    • @JanVanderMerwe-w7f
      @JanVanderMerwe-w7f 5 หลายเดือนก่อน

      YAHSHUA weet wie en.wat jy is, daarom buig alleen jou knie voor HOM en maak jou kinders groot in die liefde van YAHVAH. STERKTE en staan vas in die geloof in YAHSHUA

  • @seed4120
    @seed4120 2 ปีที่แล้ว +30

    Surely having a trained psychologist on the panel , would have assisted both the victim and viewers to a deeper understanding of the psychology of both the perpetrator and the victim and the dynamic in DV cases. It’s clear the victim here is struggling to articulate events, and emotional experiences or justify decision to remain for an extended period.
    Reasons why DV victims stay in these relationships are not as clear cut as “Why didn’t you just leave”as some uneducated comments.
    Cultural and religious upbringing
    Extended family support
    Impact on children
    Are Some , but not all of a multitude of psychological derivatives that play major role in decision making.Most perpetrators of this calibre are usually narcissists.
    Narcissists ALWAYS choose agreeable victims.
    The emotional break down of the victim starts long before the first physical act of violence ever occurs.The perp needs to groom (. Gaslighting) the victim into a mental state where they (victim) feel that the problem lies with them, no one will believe them, they are worthless or have no way out. Once the victim is groomed to a point of acceptance , the next “level” of abuse and torment occurs , this process does not happen over night, the narcissist always have a push and pull control. If he feels he is losing his “control” of the victim he will do a “reel in” ie. Will then reduce the level of aggression and turn into a very “Accommodating” partner even “pleasant” for some periods of time, this tactic throws the partner into deep psychological turmoil as it’s never just bad “ all the time” and maybe it’s them( the victim) that’s triggering this behaviour and they (victim) take on responsibility to be “better”.
    The perp is a master of understanding his victims sensitivities, this becomes the lever of control.
    There was no “better” “earlier” time for her to have left. There is no need to make her feel insecure about the timing of her decision . No individual of sound constitution is equipped against overt narcissistic behaviour. Nicoleen thank you for having the courage to face the world and tell your story.

  • @mariskameyer9361
    @mariskameyer9361 2 ปีที่แล้ว +6

    My ma en ons 3 sussies is ook daardeur vandat ek as klein dogtertjie kon onthou tot in my volwasse jare. Die traumatiese gevolge waarmee mens baklei later in jou lewe is geweldig, maar hou moed want God stap die pad van genesing saam enduit. Ons moet dit as n mandaat beskou om ons seuns van kleins af groot te maak dat dit toksiese abnormale gedrag is en dat so n familie vloek kan stop by hulle, dat hulle beter keuses kan maak om beter,gesonder jongmans te word.
    Never underestimate a cycle breaker. Not only did they experience years of generational trauma, but they stood in the face of the trauma and fought to say “This ends with me.” This is brave. This is powerful. This comes at a significant cost. Izak, sterkte ook vir jou genesings pad en ook vir jou Nicoleen. Julle is meer as oorwinnaars.

    • @eisbeinGermany
      @eisbeinGermany 2 ปีที่แล้ว

      Maar Ek is seker jou pa was Al so voor troue Hkm sy met hom getrou, Eks her by n vrou gekuier,sy was Al so voor troue,toe ek së ek Kom Nie meer kuier Nie toe dreig sy met selfmoord, wat n ramp 23 jaar se Hel Saam haar,

  • @jackielouw4752
    @jackielouw4752 2 ปีที่แล้ว +13

    Sending so much love to this beautiful woman and her sons❤i pray they go from strength strength, such a brave lady! Im so sorry you had to go through this for so long, breaks my heart😰

  • @patricasmith1047
    @patricasmith1047 2 ปีที่แล้ว +5

    Ek weet waardeur jy gegaan het mooi vrou. Ek as vrou is self daardeur. Moet net nooit dink dit is jou skuld nie. Tyd sal jou genees en ek hou jou en jou kinders in gebed. Ja dit break you as vrou. En jy sal die letsels dra. Ek was gedreig met n vuurwapen en dit was die einde. Jou hele lewe is 100% hoe myne was. Jy is n finominale en sterk vrou. God se seen wens ek jou toe mooi vrou.

  • @lainieg2
    @lainieg2 2 ปีที่แล้ว +7

    Yes it's very hard to leave. Apart from physical abuse, the mental abuse is not as healing. I am a survivor of DA and l will never forget my sister saying to me " you can be a yoyo and leave and go back, but one day, the time will be right, and then you will leave for good." It's true, it took 10 years for me to leave with my children. It was scary but l did it! I am now in a happy place, still single, 20 odd years later, and my children are adults who are well adjusted.
    Don't give up on the abused person, just hang in there with them! When the time is right, they will do the right thing.

  • @MrMeths187
    @MrMeths187 2 ปีที่แล้ว +31

    Sterkte Nicoleen, Jyt SA agter jou.

  • @HONEYBADGERBITE
    @HONEYBADGERBITE 5 หลายเดือนก่อน +1

    Ek hoop hy word weer opgetel deur n groep mans en word weer gemoer !
    Elke jaar nog so vier of vyf keer gemoer word sal my beter laat voel !
    Het nou net die videos gekyk dit is skokkend en onstellend
    Vir die manne wat hom op getel en ge "reset" dankie!

  • @brent8820
    @brent8820 2 ปีที่แล้ว +8

    Awesome pic she's taken the road to a better future. God bless 🙏

  • @MagdaNortje
    @MagdaNortje 5 หลายเดือนก่อน +3

    Was 13 jaar getroud met ñ monster soos Jaco. Ek was jonk, sy familie het nooit ñ hand gelig om in te tree nie. Toe hy klaar is met my was ek ñ skaduwee. My tweede man het my gered van ñ geweldige dood.

  • @zantebines6168
    @zantebines6168 2 ปีที่แล้ว +4

    Baie dankie Dat jy besluit het om uit te stap. Jy is n yster vrou

  • @marioncolley7446
    @marioncolley7446 2 ปีที่แล้ว +6

    They manipulate you it's so very hard you believe it's your fault, always. The fear is terrible. I am so sorry and so proud of you I survived too. Well done beautiful girl

  • @petroberry6231
    @petroberry6231 2 ปีที่แล้ว +12

    Usually the wife is financially dependent of the husband, thats why they take the abuse!

    • @jmkannemeyer9128
      @jmkannemeyer9128 ปีที่แล้ว

      Defnitief ek kan daarvan getuig, ook dat mens hoop dat sy oë sal oopgaan. Mens bid jy praat mooi, jy bly glo.

  • @michellejoseph3386
    @michellejoseph3386 2 ปีที่แล้ว +5

    Ek het 3 jaar terug self moes vlug. Geen fisiese geweld nie maar ek het begin vrees vir my lewe. Niemand sou my glo dat hy sy hand sou lig nie maar ek was nie bereid om te wag daarvoor nie want ek dink dit sou fataal gewees het. Ek was geheel en al afhanklik van hom. Sterke Nicoleen jy het baie vrouens se stem geword en jy is reg hy kan jou opspoor. My distansie is 2000km ek sal nie waag om in dieselfde dorp te wees nie.

  • @albertcolton5242
    @albertcolton5242 2 ปีที่แล้ว +7

    Ek was daar het op n dag net pad gegee na 7 jaar van absolute emosionele abuse. Ek get vir 3 jaar lank vir hulp gegaan net om weer mens te word. Nou is ek nie meer n bang
    Muus maar n sterk vrou niemand sal ooit weer die geleentheid kry om ky ooit weer te abuse. Sterkte vorentoe.

  • @JC-qy2kh
    @JC-qy2kh 2 ปีที่แล้ว +21

    Sulke man's verander nooit. Dis n bose bose kringloop. Jy sien ook nie die tekens in die begin nie want hy is so charming en spoil jou en behandel jou so goed tot hy jou het,dan begin die poppe dans. Ek moes ook vlug vir my lewe, en omdat ek in n huis groot geword het waar my ma so geslaan was, was dit vir my aanvaarbaar en ek het gedink ek verdien dit. Ek moes myself in my gedagtes regkry. Geen man sal weer aan my slaan nie. Mag die manne wat nog manne is hom gou in die hande kry en hom goed pakslae gee.

  • @ceceliaarnould7227
    @ceceliaarnould7227 2 ปีที่แล้ว +6

    Sterkte my vriendin, we grew up wit violence in the 🏠 we as kids had to hide in the neighbours fence wit my mum and siblings but God give Grace 🙏 u and ur boys will go from strength to strength in the Lord. Lots of luv 💓

  • @susankoster5644
    @susankoster5644 2 ปีที่แล้ว +22

    Nicolene is in die steek gelaat deur ons regsproses.

  • @YESYES-qz2ex
    @YESYES-qz2ex 2 ปีที่แล้ว +8

    Daar is duisende vrouens daar buite wat in dieselfde situasie is. Hulle wil graag wegloop maar het nie 'n heenkome nie.

  • @marimuller5381
    @marimuller5381 4 หลายเดือนก่อน +1

    ... Ek verstaan elke woord want ek self is deur dit vir 20jaar,en almal het geglo hy is die beste man en en en... Toe ek hulp gekry het en weg gekom het... Het hy selfmoord gepleeg en toe neem almal my kwalik... Dis nou al 4jaar later en my lewe is nou Hemel op aarde, Ons God is GROOT 🙏🏻

  • @brentconnock2513
    @brentconnock2513 2 ปีที่แล้ว +9

    I was well and truly shocked when I saw the footage. I am well aware of what can happen, even so, the abuse, both physically and emotionally was horrific. This poor lady should never have had to go through this. Read yesterday that "Jaco " was beaten up... no surprise there. The courts did nothing R20000 fine, so what! 10 years of abuse! The man should be in jail. No women will be safe near him! He stole years of Nicoleens life, causing imeasurable pain and suffering!

  • @inapretorius4792
    @inapretorius4792 2 ปีที่แล้ว +4

    Ek dank Abba Vader dat jy daar uit is - net Hy wat jou daaruit kon ruk... Mag Hy jou en jou kids se sielswonde volkome genees liewe Nicoleen - deur HOM staan jy in VICTORY - presies dit wat jou naam beteken.
    Verder dit ---
    SPREUKE 4:23
    Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. 🙌🙌🙌🌹

  • @davethorstry6700
    @davethorstry6700 2 ปีที่แล้ว +5

    Not only in SA we have seen it practically all over the world and right here in the UK. In fact it he ever went to the UK he had better be in disguise. I would hate to have so many men in the world after me. Strength and best wishes to Nicoleen and her boys.

  • @lillianvandenberg3698
    @lillianvandenberg3698 2 ปีที่แล้ว +8

    Ek was in jou skoene eens in my lewe, dank Vader ek kon ook my lewe terugkry. Sterkte vir jou!

  • @HenricoC
    @HenricoC 2 ปีที่แล้ว +10

    Sterkte Nicolene, dankie dat jy gedeel het waarvan so baie mense dieselfde beleef en nie daaruit kom nie

  • @terrybooysen3739
    @terrybooysen3739 2 ปีที่แล้ว +6

    This is so sad, and also a massive problem especially in SA. Child and woman abuse continues unabated by a SA legal system that continues to fail its victims! A failure of governance and so-called 'leaders' who truly have not fulfilled their fiduciary duties to all SA citizens! All respect to Nicoleen Swart, including so many others who suffer the same fate. Wishing Nicoleen and her children all the very best, with so much joy and blessings of life ahead. Stay strong, and always look forward...

  • @jefferyflores2251
    @jefferyflores2251 2 ปีที่แล้ว +8

    Sterkte vir jou en jou seuns jy is sterk en baie sterk vrou. Jammer dat die regering vir jou in die steek gelaat het. Jou storie breek my hart ek is al 41jaar getroud en baie gelukkig met my vroutjie en groot respek vir my skat. As hy my skoon was was hy al lank al vrek. Ek is van die Kaap maar loop ek hom raak is dit net groot moeilikheid

  • @hedleyfurio
    @hedleyfurio 2 ปีที่แล้ว +14

    All the best - I think the lessons are 1. Don’t date or marry old infants ( normally mommy’s boys , who have been protected by their mother ) who never take responsibility for their actions . It’s always someone else’s fault is the clue. 2. Always have your own space , friends , interests ( this makes relationships stronger ) as it is then joining of two people because they want to , not because they have to . 3. All ways to have financial independence which is empowering . 4. At the first sign of in appropriate behaviour, don’t walk away - run and never go back . A breach of trust or lack of mutual respect can never be repaired , just suppressed . 5. Don’t focus on punishment or revenge but freedom - in this regard I hope the suspended sentence will be a deterrent . 6. Congrats on escaping , there are millions of South Africans in this unfortunate situation . - sterkte

    • @beverleyuntiedt1777
      @beverleyuntiedt1777 2 ปีที่แล้ว

      Mommy's boys ! OMG you've hit the nail on the head! I could write a book, but let's leave it at that! Hmmmmm, you've switched a light on. Bless you !

  • @etiennebosman786
    @etiennebosman786 2 ปีที่แล้ว +9

    Sterkte Nocoleen.
    Ek's so jammer oor wat ons regstelsel hier toegelaat het.
    There is no #socialcompact here.

  • @louwisavanzyl1779
    @louwisavanzyl1779 2 ปีที่แล้ว +4

    Ja sowaar dit voel soon ek wat daar sit en my verhaal vertel alles wat sy deur gemaak het,het ek deur gemaak.

  • @sonjawhittaker4689
    @sonjawhittaker4689 2 ปีที่แล้ว +2

    Jammer vir wat en jou kinders Moes deurgaan🙏❤️

  • @masies6202
    @masies6202 2 ปีที่แล้ว +14

    Al wat ek kan se is sterkte. Jy verdien nie om abuse if control te word nie. Ek self was getroud met 'n vrou wat my mentally en emosioneel abuse het, en ongelukkig was ek as jong man nog baie jonk en kon dit nie hanteer nie. Ek het my vrou een of twee keer geklap, omdat sy by my ore kom skree het en die een keer met' n pan geslaan het. Ek is toe beskuldig ek is 'n vroueslaner. My punt, partykeer in' n jong man se lewe gebeur dit dat hy nie die verbale abuse meer kan vat nie, die stilstuipe, die moods, die kwaigeit, muslikheid, will nie jou hand vashou in publiek nie, se jy kyk vir ander vrouens wat nie waar is nie, haat jou ouers, haat jou broer, kom ek se jou 'n vrou kan jou hel gee. En dit gebeur net nadat mens trou, ek was al tweekeer daar. Maar een ding noudat ek biki grootgeword het en weet hoe om situasies te hanteer, danksy' n voorbeeld wat ek van 'n vriend gesien het, is ek vandag 'n ander mens, jy kan maar wat aan my doen, ek hanteer dit met geduld en meestal humor, iets wat ek moes gedoen het toe ek jonger was, maar dis nou te laat. My advies aan mans, haal asem, loop weg, en wag todat gemoedere afgekoel het. Vrouens kan baie abusive word, en ons arme mans word gekam elke dag. Ek bid vir mans wat deur dit gaan, die bybel se 'n man sal eerder op' n dak slaap as om na die geneul van 'n vrou te luister, dis soos n' kraan wat drup. My broer was al deur 3 vrouens, een maller as die ander een. Die laaste een het stilstuipe gekry elke keer as ons vir hom gaan kuier. Valse en duiwelse vroumens. Dis hel in ons harte as ons daar gaan kuier het. En miljoene mans gaan hierdeur. Interview biki die mans. Maar julle sal mos nie want vrouens is mos nie abusive nie. Mooi dag en sterkte mans. Onthou julle kan hierdie abuse wen en hanteer. Ek kon en so kan julle. Ek is nou in 'n goeie verhhouding en ek het my grense mooi gestel. Ek respekteer jou en jy respekteer my. Ek basseer my hantering van konflik met geduld, lankmoedigheid en liefde. Sterkte aan almal

    • @beverleyuntiedt1777
      @beverleyuntiedt1777 2 ปีที่แล้ว

      Well now you've opened a can of worms! Go hide behind a tree, face the worms, and realise how pathetic you actually are!

  • @louiserautenbach8740
    @louiserautenbach8740 2 ปีที่แล้ว +1

    Ken jou pyn hou net uit en God sal jou deur dra ek is nou ook al 3jaar geskei en dit gaan soms nog rof..Bid vir jou ..🙏❤🙏

  • @blaze6526
    @blaze6526 2 ปีที่แล้ว +2

    Dit is nodig om die manlike en vroulike aard en die hiërargie van mag en ook giftige eienskappe te verstaan ​​wanneer 'n onderwerp soos hierdie bespreek word sover ek kan sien.

  • @itbgt007
    @itbgt007 2 ปีที่แล้ว +10

    Absoluut! Jy verdien meer!!! ♥️ Net die beste. ♥️ Alle sterkte vir jou en jou seuns.

    • @eisbeinGermany
      @eisbeinGermany 2 ปีที่แล้ว +1

      Wat my net altyd dronk slaan is- dat meeste man's Al voor huwelikke hul ware kleure wys, so Hkm Trou die vrouens met julle,is Ek Weet baie man's wys eers Na die tyd ,maar baie voor huwelikke wys hulle die kleure maar Trou nogsteeds,of slaapsaam voor troue,raak swanger,voël Dan verpligting om te trou, ,

    • @eisbeinGermany
      @eisbeinGermany 2 ปีที่แล้ว

      @@itbgt007 nee jys reg,daaie harde mans kies sagte broos meisies,selfde van vrouens wat oorheersend is kies meeste sagte mans om hulle te kan oorheers,ek weet wat ek van praat was met so n vrou getroud gewees, 23 jaar se letterlikke hel op aarde.die kinders het onder dit gely,

    • @eisbeinGermany
      @eisbeinGermany 2 ปีที่แล้ว +1

      @@itbgt007 gelukkig is dit al baie jare trug,het al in nov 2005 van haar geskei

  • @ChildofGod-g8f
    @ChildofGod-g8f 2 ปีที่แล้ว +1

    You've got this. You can do this all on your own. You've taken the first step to being a victor rather than a victim. So many of us been through this and I promise, you will heal. Xx

  • @roedette
    @roedette 2 ปีที่แล้ว +21

    Sterkte vir jou. Jy is 'n dapper vrou en beslis 'n wenner aan die einde van die dag.

    • @eisbeinGermany
      @eisbeinGermany 2 ปีที่แล้ว

      Maar Eks seker hyt Al voor troue so gewees???? Hkm trou die vrouens met bullebakke???, Ja baie man's wys eers Na die tyd hul ware kleure, maar nogsteeds Ek wonder,

    • @Southafricantrucker
      @Southafricantrucker 2 ปีที่แล้ว

      Ja beslis

  • @madelaineeloff7197
    @madelaineeloff7197 2 ปีที่แล้ว +2

    Aai Nicoleen. Jy vertel my storie. Ek wens ek het bewyse gehad. Mag God jou steun. Dit gaan beter gaan en jou seuns sal okay wees. My dogters het. Sterkte. Wees sterk.

  • @berylswaartz9226
    @berylswaartz9226 2 ปีที่แล้ว +4

    Hi I admire you....you took the step and is free. your story was my story.. I'm.free because Jesus.gave me the strength and Power .I'm strong i forgiven him..but I'll never take him back...God has you and your children in His palm of hands ..

  • @elzannewoeke9882
    @elzannewoeke9882 2 ปีที่แล้ว +12

    Ek will graag met jou kontak maak. Ek is deur dieselfde. 9 jaar lank.🙈🙊🙉 Dit is narcissisme. Uit en uit. Alles dui daarop. En jy het dit oorleef! Jy is ongelooflik dapper en sterk. En as 'n mede-" survivor" Ek will ek jou net salute. Net die wat die pad geloop het verstaan. Ek kan deel en seker dit kan jou help. Ek is 'n trots survivor myself! Ek 🌸

  • @davo.m4623
    @davo.m4623 2 ปีที่แล้ว +19

    No doubt Jaco Swart is nothing but a coward, and yes, he got off very lightly. But please believe me, he will have to keep looking over his shoulder for the rest of his life.

  • @gerardfouche2718
    @gerardfouche2718 2 ปีที่แล้ว +9

    Glo my hy is die slegte vark

  • @cathynewell
    @cathynewell 2 ปีที่แล้ว +6

    Been thru this as well after four kids eventually left 1997!!!!!! Good for you!!!! And for exposing him!!

  • @theresafelix2794
    @theresafelix2794 2 ปีที่แล้ว +3

    Nicole jy pragtig ek huil vir jou hys n vark God sal jou nie aleen laat nie kyk na jou 2seuns die videos is aklig en seer liefde vir jou en 2seuns

  • @charleenfaul9747
    @charleenfaul9747 2 ปีที่แล้ว +9

    Die woorde maak seerder as die houe, dit maak letsels op jou siel, ek wens dit vir niemand.... Sterkte vorentoe jy is n yster. Dit Verander jou hele lewe....

  • @magdasmith1421
    @magdasmith1421 2 ปีที่แล้ว +5

    Hy breinspoel jou en uiteindelik twyfel jy in jouself. Jy verloor jou selfvertroue. Niemand sal dit verstaan as hulle dit nie self ondervind het nie.

  • @SonjaBoshoff-b2m
    @SonjaBoshoff-b2m 4 หลายเดือนก่อน

    Het ook lank dit deurgegaan absolute vrees en myself verloor
    Net my geloof het my gedra en my krag gegee om weg te stap
    Het leeg en dood binne geword
    Dankie Vader dat U my gered het uit dit

  • @vanessaoosthuizen2275
    @vanessaoosthuizen2275 4 หลายเดือนก่อน +1

    these men are untouchable. we are too afraid to leave because of what we get threatened with. it took me 15 years to get out. and still after that he still was abusive. you keep looking over your shoulder......I take my hat off to her for getting out....alive.

  • @vickypage1857
    @vickypage1857 2 ปีที่แล้ว +2

    Jy is baie braaf. Ek was ook deur absolute hel.. dis noun9 jaar terugven ek kry steeds nagmerries oor hom. Nooit in public daaroor gepraat nie want hyt my gedreig met my, my kinders, en my ouers se lewens omdat hy n 'publieke figuur is' en ek sy image Sal skade aandoen. Johan Le Roux, jou dag Sal kom.
    Ek kan steeds nie glo dat vroue steeds mishandel word en die ander persoon daarmee wegkom nie. Ek en my kinders het die trauma ptobeer verwerk, maar ons Sal dit nooit vergeet wat hy aan ons gedoen het nie.

  • @alienastronaut7031
    @alienastronaut7031 2 ปีที่แล้ว +12

    Sterkte aan jou! Jy's n ware heldin! Ek is so trots op enige vrou wat deur sulke hel gaan en in een stuk anderkant uitkom. Al mag dit nog seer daarbinne voel. Ek is n man wat baie verlief is op n dame wat ook deur sulke dinge gegaan het. Ek sal haar nooit wreed hanteer nie. Vir my is sy meer werd as goud.

  • @gerdavanesk6423
    @gerdavanesk6423 2 ปีที่แล้ว +1

    Jy is 'n sterk mensie. Jy het die beste ding v8r jouself en kinders gedoen. Jy gee ook vir baie ander vroue 'n stem en moed!

  • @gailwhite2061
    @gailwhite2061 2 ปีที่แล้ว +5

    Nicolene ek verstaan jou.ek het 26jaar in die huwelik gebly omdat so onseker was oor die toekoms.tot die kinders gesè het mammie dis nou genoeg.en jy praat met nie mand nie want wat gaan die mense se.ht is dan ouderling in die kerk en so n goeie vriendelike man.en getrou in die kerk.ja dit als maak jou bang.wat gaan van my word ek het niks.maar toe ek laat los is ek sterk en dit het beter met my gegaan.

  • @ClintoriusMaximus
    @ClintoriusMaximus 2 ปีที่แล้ว +6

    Theres alot to learn from here, especially for Us Men. So sad that this Lady had to go through this and I hope she is able to raise her Kids to be better, more upstanding People of the World and not emulate that horrible excuse of a Father...

  • @deliaapsey9982
    @deliaapsey9982 2 ปีที่แล้ว +3

    Sterkte Nicoleen! my vriendin was met so n narcis getroud sy leef egter nie meer!!!! Jy is fantasties!

  • @romavangreunen8342
    @romavangreunen8342 2 ปีที่แล้ว +6

    Sterkte. Ek weet jy voel. Ek was ook daar deur jare gelede. Vertrou op God om jou sterker temaak elke dag. God sal jou bystaan en help. Moet net nooit weer terug gaan nie asb.. daar is lewe daarna

  • @pietervanwyk6686
    @pietervanwyk6686 2 ปีที่แล้ว +5

    Jy is ‘n baie mooi vrou,’n sterk vrou en Ek is bly jy het teen hom opgestaan. Ek hoop dat jy ander inspireer. In my ervaaring is staan die mishandelde te laat op. Waneer ookal ienand jou afsonder moet jy begin verdrag raak. Dit begin altyd die afbreek van ‘n persoon se karakter

  • @gerardfouche2718
    @gerardfouche2718 2 ปีที่แล้ว +9

    Ek is seker een van die Jong bulle op tik tok gaan hom gee wat hy verdien .die ou wat dit doen Kan seker net n R20000.00 boete verwag .Dan is daar duisende van ons wat Sal Las om die boete te betaal

  • @christelledutoit656
    @christelledutoit656 4 หลายเดือนก่อน

    Ek haal my hoed af v jou Nicolene.. jy is n baie dapper vrou! Hy sal ook eendag voor die Regter van alle Regters staan.

  • @victorschmidlin3577
    @victorschmidlin3577 2 ปีที่แล้ว +5

    Mag alle vrouens in dieselfde omstandighede as jy, krag put uit jou moed en deursettings vermoeë. Jy is 'n pragtige mens. Hy sal brand in die hel..

  • @louisecoetzee8259
    @louisecoetzee8259 5 หลายเดือนก่อน +1

    My suster was vir jare in so verhouding. Hierdie tipe mans is absoluut Monster😢

  • @annamariewilke303
    @annamariewilke303 2 ปีที่แล้ว +9

    Ek bid vir jou en jou kinders. Mag die Here jou volkome genees van al die emosionele trauma. Ek kan my nie indink waardeur jy gegaan het nie Sterkte.

  • @elizabethkruger3425
    @elizabethkruger3425 2 ปีที่แล้ว +4

    Nicolene...moenie gou weer n verhouding aangaan nie. Geniet j enkel lewe met jou kinders. Jy gaan dit geniet en ook die slegte gedagtes gaan weg mt tyd as j jou omring met goeie mense. Want j weet nou hy was so siek soos siek kan wees. Baie wens hulle kon dit doen toe hulle jonger was. Jy word ouer en is klr siek geslaan...wat dan.

  • @kenidu908
    @kenidu908 2 ปีที่แล้ว +3

    Ek kry die gevoel die ou was nooit in die weermag nie, want hy't geen respek en eiers nie! Hierdie gedrag is NIE in ons kultuur nie?!
    Gelukkig vir hom is ons nie familie nie! 😠
    Sterkte Juf. Swart (LIfe always finds a way..) 🌱

  • @janinedeatouguia9783
    @janinedeatouguia9783 2 ปีที่แล้ว +14

    As mens kinders het,is dit n ander storie en finansieel..jy hou uit en dink nie aan jouself,veral as daar niemand is wat jou kan help,jy vreet op en op..en glo dan maar keer op keer sy lee beloftes..ek was vir 24jr.deur sulke onmenslike behandeling..so ek weet waarvan sy praat en waardeur sy is..net tyd gaan jou laat genees en probeer sielkundig dit vergeet..begin nuut en fokus op jouself en kids..baie sterkte..bid net ook aanhoudend..💕🤗💕

    • @Southafricantrucker
      @Southafricantrucker 2 ปีที่แล้ว

      Dis baie waar

    • @LambertFick
      @LambertFick 2 ปีที่แล้ว

      100% reg.

    • @LambertFick
      @LambertFick 2 ปีที่แล้ว

      Ek moes dadelik ontrek het, toe ek dit die eerste keer ondervind het.

  • @estherechardt15
    @estherechardt15 2 หลายเดือนก่อน

    amen for giving your testimony. no one will ever understand that kind of fear, unless you have lived it. he used to threaten to kill my mother and siblings if i left, later it was our son. until my son stepped between us, and he pushed him away and commented that he will get it if he does it again, he was 16 months old, i prayed and God helped me find the stregth to run, will police assitance. that was 24 years ago, he died later, the story is miraculous, but the damage is only now being resolved, as I have only recentlty found God again... long story, but yes, they curse us, and with ancestrol curses, it isnt easy to find the light always. Satan is hard at work to keep us broken, but thankfully the lord will call you, when your ready, and afrter so many occassions, he called me again, this time i listened. amen. people must realise those men are narcasstic phycopaths!

  • @lizelvanbiene201
    @lizelvanbiene201 2 ปีที่แล้ว +2

    Jy is baie sterk! Mag dit net goed gaan met jou en jou kinders vorentoe.

  • @andriesmoolman3444
    @andriesmoolman3444 2 ปีที่แล้ว +1

    Hello Almal , Ek het groot geword in so huis , Die moeilikste is om Weg te Breek , Maar op die einde verander n Jakals nie van streke , Well done Nicoleen

  • @sandragrobler2452
    @sandragrobler2452 2 ปีที่แล้ว +2

    Hy is 'n sadistiese NARSIS, met geen gevoel vir ander, geen gewete en blameer ALTYD ANDER vir alles! Sterkte!

  • @sonjaleroux4377
    @sonjaleroux4377 2 ปีที่แล้ว +5

    n slaapil in wat ookal hy drink, sou werk, dan boetie - he can kiss his ass good bye. Dit sal eenkeer gebeur het, hy sou nooit die storie oor kon vertel het nie. Liefde se gat, as hy hierdie boundaries oorsteek, is dit verby!

  • @sandrahorstmann9013
    @sandrahorstmann9013 2 ปีที่แล้ว +4

    Ek huil oor die fyn lyn. Ons het so grootgeword. Dit het nie een van ons goed gedoen nie. Sweef soos n AREND.

    • @KittyKat-ym4hz
      @KittyKat-ym4hz 2 ปีที่แล้ว

      Ook in so n hui's groot geword😢

  • @heletteloubser3638
    @heletteloubser3638 2 ปีที่แล้ว +3

    Wat ek graag nog sou wou weet is of hy ooit gedeel het waar hy aan die aggressie en geweld kom? Dit is ook belangrik vir almal om te verstaan. Het hy as kind dit moontlik aanskou of het iemand dieselfde aan hom gedoen? Dit het beslis ‘n diepgewortelde oorsaak

  • @BernadineWiken
    @BernadineWiken 2 ปีที่แล้ว +1

    Yes unless you have lived a life like this you will never understand

    • @sunerautenbach1256
      @sunerautenbach1256 2 ปีที่แล้ว

      Ek was 3 jaar lank in so verhouding. Het alle sympathy met jou. Dit is so... Hulle maak dit jou skuld dat hulle so optree. Hulle hele family dink jys die verkeerde een. Die mense in Engeland wat saam ons huis gedeel het kon hom nie hanteer en was mal oor my so dit se klaar baie, hulle het 1st hand beleef wat aan gegaan het. Vrouens byt vas want hul glo dit sal beter raak, maar met so iets raak dit net erger. Hoe vinniger mens pak en pull hoe beter.
      Sterkte vir jou, die duiwels van so verlede jaag mens lank na die tyd nog rond MAAR hou aan glo jy verdien beter en hou aan glo niks is fout met jou nie en hou aan glo jyt gedoen wat jy kon. Vrede in jou hart sal kom, dit vat net tyd.
      Eks net bly jyt nie n geheim van dit gemaak nie en dat hy nou kry wat hy toekom. Hopenlik leer hy sy les en verander.

  • @lorriemamoet9406
    @lorriemamoet9406 2 ปีที่แล้ว +8

    My ma het altyd gesê 'n jaloerse man is 'n gevaarlike man

    • @YESYES-qz2ex
      @YESYES-qz2ex 2 ปีที่แล้ว

      Jou ma was heeltemal reg.

  • @user-np7sx4yx6i
    @user-np7sx4yx6i 4 หลายเดือนก่อน

    Daar is vandag vir my gese hy is n narcissist.So ek is nie bang nie want GOD IS MET MY EN MY KIND.

  • @dirkbrits9230
    @dirkbrits9230 2 ปีที่แล้ว +6

    Die vrou is n YSTER. Ons is baie jammer oor dit wat jy deur gegaan het.

  • @Jen-j3k
    @Jen-j3k 5 หลายเดือนก่อน +1

    Today, our men need to be the head of the home according to God's word. But, they are lost! I got it bad, but he found himself in jail. It was a joyful day for me.

  • @marioncolley7446
    @marioncolley7446 2 ปีที่แล้ว +2

    No one, unless they have been through it, will ever understand

  • @foxybradgaming6314
    @foxybradgaming6314 2 ปีที่แล้ว +3

    Sterkte, Ek was duer die selfde dinge 3 rug opperasies, die trama, emotioneel afgebreek, vrees, angs en Permanente stress..
    Dit was moeilik om alles te verwerk na Ek hom gelos het na 13 jaar se huwelik..
    Al wat ek kan se is Sterkte, Ek dra jou op in my gebede

    • @eisbeinGermany
      @eisbeinGermany 2 ปีที่แล้ว

      Wees eerlik met my ASB,was hy voor troue Al so,

  • @mitzikellerman6904
    @mitzikellerman6904 2 ปีที่แล้ว +2

    Nicoleen, ek is so jammer omdat jy die skurk jare lank van jou 'n slaansak laat maak het. Mag God jou help om die trauma agter jou te sit en 'n nuwe lewe te bou. Sterkte.

  • @hentielabuschagne9210
    @hentielabuschagne9210 2 ปีที่แล้ว +1

    jy is amasing baie sterkte xx

  • @renelouisetee9203
    @renelouisetee9203 2 ปีที่แล้ว +5

    Just too much of this kind of thing happens. Wether it be verbal or physical. I am shocked that he got off so leniently! Why? I hope you speaking up will help that woman, man or child out there who find themselves in the same position to seek help or speak up. The law definitely needs to change in this respect. Definitely.

  • @susanswartz5747
    @susanswartz5747 2 ปีที่แล้ว

    Wens so mans en vrouens wat graag slaan gaan soek hulp voordat dinge te ver gaan...hoop en vertrou jul kan dit uitwerk... sterkte