Rita Li - Jakkalsdans
ฝัง
- เผยแพร่เมื่อ 7 ก.พ. 2025
- Artist: Rita Li
Title: Jakkalsdans
Author: Ritali Cronjé, Richann Brussow
Composer : Ritali Cronjé, Richann Brussow
Publisher/s: Rita Li
Producer/s: Dirk van Niekerk
Lead vocals: Rita Li ( Ritali Cronjé)
Backing vocals: Rita Li ( Ritali Cronjé)
Keyboards: Dirk van Niekerk
Guitars: Raymond Green
Credits:
Produced: Dirk van Niekerk
Vocal Recording : Sean Butler
Arranged, Produced, Programming, Mixed, Mastered: Dirk van Niekerk
Guitars: Raymond Green
Recorded & Mixed : Dirk van Niekerk
Lirieke:
In die na-nag as die maan opkom oor Uilkraal
Sien ek moeilikheid want jakkals gaan vir wolf haal
Is dit duiwelsraad as ons saggies praat vannag
Jy kan kattekwaad in die ou klipkraal verwag
Oe, vanaand gaan ons twee jakkalsdans in die maanlig
En die wolwesterte swaai
Jy weet goed ek raak bietjie danig
As jy my so om jou draai
Draai ons doekies om die waarheid kom
En die waarheid is vanaand
Waar ons twee jakkalsdans in die maanlig
Gaan jou wakker hou tot die oggend dou ons vang
Vir ‘n wolf lyk jy maar mooi in daardie skaapvel
Al die dieper dinge wat ek van jou optel
Wil jy harte steel of soene deel met my
By die ou klipkraal is waar jy my sal kry
Oe Vanaand gaan ons weer jakkalsdans in die maanlig
En die wolwesterte swaai
Jy weet goed ek raak bietjie danig
As jy my so om jou draai
Wat die oog nie sien nie
Maak die hart nie seer nie
Maar ek, ek sien jou daar in die donker staan
Vanaand wil ek net jakkalsdans in die maanlig
En die wolwesterte swaai
Jy weet goed ek raak bietjie danig
As jy my so om jou draai
Draai ons doekies om die waarheid kom
En die waarheid is vanaand
Waar ons( wil ek weer) twee jakkalsdans in die maanlig
Gaan jou wakker hou tot die oggend dou ons vang