03_Vind jou sterkte in die Here en Sy geweldige krag_Deel 3

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 28 ก.ค. 2024
  • In die vorige twee dele het ons gekyk na God se krag in ons lewe en ook die wapenrusting wat ons staande hou teen hierdie aanvalle. Dit beteken dat die gelowige in ‘n gebroke wêreld is, maar self nie gebroke is nie, ons is herstel, gevul met krag terwyl ons ook binne-in krag is.
    Regdeur die Ou en Nuwe Testament is daar baie name en simbole vir die duiwel, wat elk 'n ander faset van die duiwel se misleidende en vernietigende aard en sy wyse van werking openbaar. Die duiwel het 'n enkele spoor-aanvalsplan teen ons gedagtes. Deur listige en berekenende strategieë hang hy sy bedrog voor jou soos aas aan ‘n hoek, hopende dat jy die aas sal vat. Keer op keer slaan hy toe teen ons gedagtes en emosies, met die uiteindelike doel om ons denke te penetreer en ons gevange te neem om sy wil te doen. Om te verstaan hoe die duiwel werk, sal ons in staat stel om sy aanvalle te ontmantel en oorwinnend te leef.

ความคิดเห็น •