Oppie Plaas - Wat nou? Namibia 2024 The Farm 2

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 16 ก.ย. 2024
  • Dit is vir ons 'n groot voorreg om die tweede aflewering van ons besoek aan die plaas in hierdie pragtige land Namibië met u te kan deel. Baie dankie vir al u ondersteuning en die mooi kommentaar op die videos.
    What a pleasure to share with you the second part of our visit to the farm in this beautiful country Namibia. Thank you for all your support and the messages that you send us.
    #reispret
    #namibiatourism
    #farmlifeisthebestlife
    #namibia
    #namibiatravel

ความคิดเห็น • 75

  • @ziskabrits618
    @ziskabrits618 9 วันที่ผ่านมา +9

    Awesome ! Dankie vir die saam ry geleentheid 🙏🕊🙏

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  9 วันที่ผ่านมา +1

      @@ziskabrits618 dis altyd lekker om van julle te hoor! Ek is bly as julle dit geniet. Dis vir my werklik n voorreg om die videos te kan deel. Dit gee my skoon n traan in die oog. 😁

  • @sherd2239
    @sherd2239 3 วันที่ผ่านมา +3

    Awesome video I lived in windhoek for 5 years and lived mostly on touring nambia what a beautiful beautiful country...thank you for the video ❤

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  3 วันที่ผ่านมา

      It is a pleasure doing these videos. Namibia is my country of birth and I will always be a Suidwester. Thank you very much for your support and for watching.

  • @lydiaplaatjies2469
    @lydiaplaatjies2469 8 วันที่ผ่านมา +6

    Ja geboorte land gebore in Keetmanshoop area.So much better now mis die land❤

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  8 วันที่ผ่านมา

      @@lydiaplaatjies2469 pragtige wêreld daardie, maar droog nou.

  • @pietmuskiet5586
    @pietmuskiet5586 9 วันที่ผ่านมา +7

    Ek het in 1962 in Tsumeb skool gegaan. Std. 2. Geniet jou saamry geleentheid!

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  9 วันที่ผ่านมา +1

      @@pietmuskiet5586 baie dankie! Lyk my hier is baie oud Suidwesters.

    • @RebekkaShivute
      @RebekkaShivute 7 วันที่ผ่านมา +1

      Ek is in Tsumeb gebore...die lied eas ek by Oshikoto hoerskool 1986 geleer..ek was in die skoolkoor en standerd 10...ou fae kom terug.

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  7 วันที่ผ่านมา

      @@RebekkaShivute dis n pragtige lied met baie herrinneringe. Ons moet die jongmense respek leer vir die vorige generasie en wat hulle gebou het.

  • @stephandeswardt5802
    @stephandeswardt5802 8 วันที่ผ่านมา +7

    Wat n oulike program!

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  8 วันที่ผ่านมา

      @@stephandeswardt5802 dankie vir die ondersteuning!

  • @leonmaritz2598
    @leonmaritz2598 วันที่ผ่านมา +1

    Ek wens julle kon my gemoed ervaar terwyl ek die video's van Namibia kyk, man, dis nie so lekker nie, my hart trek n punt terug Windhoek toe...Dankie vir die mooi video's Reispret...

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  วันที่ผ่านมา

      Ek verstaan. Ek kom self van daardie wêreld af. Baie dankie vir die mooi woorde. Sal graag eendag wil ontmoet!

  • @marienel1553
    @marienel1553 8 วันที่ผ่านมา +7

    Die mooiste mooiste land...so bevoorreg om hier te kan bly ❤😊

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  8 วันที่ผ่านมา +2

      @@marienel1553 ja. Dit is die mooiste land in die hele wêreld!

  • @MARLENEMOUTON-uw4is
    @MARLENEMOUTON-uw4is 3 วันที่ผ่านมา +2

    Dankie dat ek ook Namibië kon besoek en hulle plaaslewe deur jou oë kon sien....die omgewing in die veld is besonders en ook mooi. Wens net daai mooi stem wou die Suidwes-lied uit volle bors sing.

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  3 วันที่ผ่านมา

      @@MARLENEMOUTON-uw4is dit is so lekker om dit met jou te kan deel! Dalk sing ons binnekort weer iets anders. 😁

  • @neelsvermaak9640
    @neelsvermaak9640 5 วันที่ผ่านมา +2

    Dankie ❤
    Het in Suid Wes groot geword in Mariental en toe in Karasburg tot ouderdom 7. Was in 19 81/82 in die Weermag in die operasionele area.
    Ek is jare later terug Namibië toe en het in Windhoek, Tsumeb, Oshakati, en Luderitz gewerk.
    Ek het in 1990 terug gekom RSA toe. Wat n wonderlike Voorreg was dit nie gewees nie.
    Van 1991 af vir 6 jaar elke jaar gaan visvang in Walvisbaai en Swakopmund.
    Het nog baie vriende daar
    Groette

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  5 วันที่ผ่านมา

      @@neelsvermaak9640 baie dankie! Dis lekker om van jou te hoor. Met al die Suidwesters hier voel dit soos ou vriende.

  • @AmourNell
    @AmourNell 9 วันที่ผ่านมา +6

    My geboorte land!❤

  • @marlenegreyling8620
    @marlenegreyling8620 8 วันที่ผ่านมา +4

    Dankie vir die pragtige video. Pragtig vir die oë, maar ook pragtig vir die hart ❤ Hoe is die regering daar se gesindheid teenoor die boere?

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  8 วันที่ผ่านมา +1

      @@marlenegreyling8620 dis moeilik om te sê. In die openbaar sal hulle mos nie hulle ware gevoelens wys nie. Ek dink dit is maar soos in SA. Almal gaan basies aan asof daar nie n regering is nie.

  • @LaetitiaLambrechts
    @LaetitiaLambrechts 21 ชั่วโมงที่ผ่านมา +1

    Awesome julle is bevoorreg,om al die mooi te beleef,eendag as ek groot is wil ek ook Namibia besoek,😂😂 mooi daggie vir julle..❤❤

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  21 ชั่วโมงที่ผ่านมา

      @@LaetitiaLambrechts dankie! Ja, dit is n voorreg. Kyk maar solank totdat jy self kans kry. Geniet dit!

  • @johannengelbrecht4664
    @johannengelbrecht4664 8 วันที่ผ่านมา +7

    Ai die Suidwes lied het my hartsnare geroer. Skool gegaan in Orban laerskool en Jan Mohr. Verlang na die mooi land van my jong jare.

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  8 วันที่ผ่านมา +1

      Ek is baie lief vir die Suidweslied. Dit is vir my so kenmerkend van die land en sy mense. Dis so lekker om van so baie Suidwesters te hoor!

    • @RebekkaShivute
      @RebekkaShivute 7 วันที่ผ่านมา +2

      So mooi...ek was ook geleer hier in Tsumeb by Oshikoto hoerskool...deur ene Duitse onderwyser Seefeldt...ag ou dae kom terug ❤🎉🎉

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  7 วันที่ผ่านมา

      @@RebekkaShivute een van dae sing ons Wiederschau.

    • @user-oe4yl3qd7e
      @user-oe4yl3qd7e 3 วันที่ผ่านมา +2

      Worsie Visser sing v ons biki ai swa liedjies❤

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  3 วันที่ผ่านมา

      @@user-oe4yl3qd7e ja. Ons moet.

  • @sakkievanzyl2983
    @sakkievanzyl2983 9 วันที่ผ่านมา +5

    Dis die mooiste geluide daai stilte

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  9 วันที่ผ่านมา

      Ja beslis. Wanneer jy dit eers self ervaar het, verstaan jy beter. Dit is moeilik om dit vir iemand te verduidelik.

  • @anna-mariedupreez542
    @anna-mariedupreez542 3 วันที่ผ่านมา +2

    Mooi video. As kind het ek baie na Heino geluister wst die Suidwes lied so mooi sing. Jou weergawe ook nie sleg nie...😊

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  3 วันที่ผ่านมา +1

      @@anna-mariedupreez542 Dankie. Ek is ook baie lief vir Heino. Puik musiek!

  • @gerriedoll154
    @gerriedoll154 4 ชั่วโมงที่ผ่านมา +1

    Dis so lekker om Namibia op you tube te kan sien.

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  4 ชั่วโมงที่ผ่านมา

      @@gerriedoll154 Dankie. Dis vir my ook lekker.

  • @thysbotes9491
    @thysbotes9491 8 วันที่ผ่านมา +3

    Ek was 13 jaar deel van SWAGM gedurende die 80's en het 1972 by my oom op sy plaas in Gobabis gekuier. Baie lief vir daardie mooi wereld.

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  8 วันที่ผ่านมา

      Dankie. Ek was self deur al die jare nog nooit op die dorp Gobabis nie. Dit is een van die plekke wat ek wil besoek. Dankie!

    • @RebekkaShivute
      @RebekkaShivute 7 วันที่ผ่านมา +2

      ​@@reisprettravelfuncattle town🎉

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  7 วันที่ผ่านมา

      @@RebekkaShivute at some stage I would like to visit all the towns in Namibia and do a video on each one.

  • @Kudu-GreyGhost
    @Kudu-GreyGhost 2 วันที่ผ่านมา +2

    Het die video geniet. 👍

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  2 วันที่ผ่านมา +1

      @@Kudu-GreyGhost dankie vir die ondersteuning!

    • @Kudu-GreyGhost
      @Kudu-GreyGhost 2 วันที่ผ่านมา +2

      @@reisprettravelfun jip. Moeite is net n woord. Die engelse sê "it takes two to tango" so indien in nood sal ek nommer 2 se skoene volstaan. 😀😂🤣. Geen probleem hou aan met goeie werk en ontdou Suid Afrika is GREAT 🇿🇦👍👍👍

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  2 วันที่ผ่านมา +1

      @@Kudu-GreyGhost ja, ek voel SA gaan verbeter en Nam ook. Die wiel draai.

    • @Kudu-GreyGhost
      @Kudu-GreyGhost 2 วันที่ผ่านมา +2

      @@reisprettravelfun ek sien klaar n verskil glo my. My oog ingestel soos n oog oor n roer op n springbok 400 meter vêr. Die pot wag die kole al rooi warm onder swartpot. As ons iets kan bewaar na my mening...... sal dit Namibia 🇳🇦 👌 wees. Ontdou n Suid Afrikaner alle kulture van Suid Afrika weet Namibia 🇳🇦 ♥️ is ons 2de huis.

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  2 วันที่ผ่านมา +1

      @@Kudu-GreyGhost dit is so

  • @elizevermaak3999
    @elizevermaak3999 8 วันที่ผ่านมา +5

    My groot word jare…..Capricorn plaas noord van ….. Otjiwarongo…..Sal altyd binne my hart bly

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  8 วันที่ผ่านมา

      Dis mooi wêreld daardie! Dankie vir die kyk.

    • @merwekitshoff9300
      @merwekitshoff9300 7 วันที่ผ่านมา +1

      My 2de dogter en haar man is in Windhoek waar sy 19 voertuie het wat volledig toegerus is wat sy verhuur . Drive Namibia is haar besigheid . Ons is baie lief vir daardie mooi land . Het dy besondere skoonheid .

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  7 วันที่ผ่านมา

      @@merwekitshoff9300 dis fantasties! Baie dankie.

  • @popjansen5390
    @popjansen5390 8 วันที่ผ่านมา +3

    AG...HALELUJA DAT HIERDIE PROGRAM IN AFRIKAANS IS ❤❤❤❤❤❤
    DANKIE ❤ TROTS OP JULLE ❤

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  8 วันที่ผ่านมา +1

      @@popjansen5390 wonderlik! Dankie

  • @fabianusmartinkhaiseb5834
    @fabianusmartinkhaiseb5834 9 วันที่ผ่านมา +6

    Ek moet se, plaas lewe is altyd maar net lekker. Vars lug, gesonde omgewing, skoon natuur met lekker plaas kos. Aai tog.

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  9 วันที่ผ่านมา

      En die mense maak dit so lekker. Gesindheid is net anders as in die stad. Dankie vir die kyk!

    • @fabianusmartinkhaiseb5834
      @fabianusmartinkhaiseb5834 9 วันที่ผ่านมา +1

      @@reisprettravelfun Dus 'n plesier...👍

  • @RebekkaShivute
    @RebekkaShivute 7 วันที่ผ่านมา +2

    Hi...waar kry ek daardie lied..sudwes lied...was geleer by die skool in Tsumeb...het so goed gevoel en verraas gevoel toe ek dit hoor...❤❤🎉🎉

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  7 วันที่ผ่านมา +1

      Ek dink daar is weergawes op TH-cam. Ek het daardie deel sommer uit my kop uit gesing. Miskien kan ons n vol weergawe van die liedjie met ons orkes doen as ons n kansie kry.

    • @RebekkaShivute
      @RebekkaShivute 7 วันที่ผ่านมา

      @@reisprettravelfun dankie...sal ook probeer by wyands hier in Tsumeb .

  • @sherd2239
    @sherd2239 3 วันที่ผ่านมา +2

    Ek soek kudu biltong dus die beste biltong oooit

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  3 วันที่ผ่านมา

      Koedoebiltong is lieflik lekker en die beste kry jy daar in Suidwes.

  • @ziskabrits618
    @ziskabrits618 9 วันที่ผ่านมา +5

    Wow maar jy sing mooi 😂 Waar is jy op die plaas ?

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  9 วันที่ผ่านมา +2

      @@ziskabrits618 Baie dankie! Ek sal vir julle nog n bietjie sing op van die videos as julle wil. Ek kan ongelukkig nie sê waar die plaas is nie. Dis my broer se plaas.

  • @andrebredenhan
    @andrebredenhan 9 วันที่ผ่านมา +6

    Die mooiste land. Ek is 1967 in Windhoek gebore maar bly nou in Gauteng. Ek het as kind sulke herinneringe soos wat ek sien in jou videos. As ek so kyk na jou videos kry ek baie heimwee.

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  9 วันที่ผ่านมา +1

      @@andrebredenhan Suidwes is altyd pragtig. Ek het gehoop om n paar mense huis toe te laat verlang. Ek is self in Otjiwarongo gebore. Dankie vir die kyk. Daar kom binnekort nog!

    • @RebekkaShivute
      @RebekkaShivute 7 วันที่ผ่านมา

      @@andrebredenhan hi...ek is in 1967 in Tsumeb gebore...die Here moet nog meer vir ons spaar vir 60...net drie jare is oor...mooi bly.

    • @japkoekemoer1878
      @japkoekemoer1878 6 วันที่ผ่านมา +1

      Ek bly daar en Loof my Liewe Jesus vir die mooiste land ❤
      Werk oorsee en elke drie maande om tevlieg en te kom land gee my trane ❤️❤️🙏🙏

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  6 วันที่ผ่านมา

      @@japkoekemoer1878 sowaar. Ek is oud Suidwester, woon in SA en ek verstaan presies wat jy bedoel.

  • @giepiestrydom5942
    @giepiestrydom5942 8 วันที่ผ่านมา +3

    Dit is nou pragtig die ware jakob

  • @obySedgefieldgemofourgardenrou
    @obySedgefieldgemofourgardenrou 8 วันที่ผ่านมา +4

    Kom die reen jy moet skep , baie skep,

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  8 วันที่ผ่านมา

      Veral as dit so droog is. Van die dele het baie lank laas reën gehad.

  • @UweMäder-w1r
    @UweMäder-w1r 6 วันที่ผ่านมา +3

    Ich mache gerne partnerschaftliche Geschäfte mit den Bürgern von Namibia, alles ist Korrekt und wir sind alle Zufrieden mit dem Ergebnis.

    • @reisprettravelfun
      @reisprettravelfun  6 วันที่ผ่านมา +1

      Prima! Du bist ein tolles freund.