Sintuie vir kinders - Gehoor
ฝัง
- เผยแพร่เมื่อ 2 ก.พ. 2025
- Liedjie oor geluide. Ons gaan 'n speletjie speel! Lami gaan vir ons 'n klank laat hoor en dan moet ons raai wat dit is. Die hart van hierdie video is om kinders se waarneming te stimuleer en die ontdekking van hul omgewing aan te wakker. Kleuters se vermoë om vergelykings aan te tref en verbande te le word uitgebrei en abstrakte konsepte word speel speel verduidelik. Ons leer ook om natuur verskynsels waar te neem en self afleidings te maak oor dinge wat in die wêreld om hul gebeur.
Liedjie
Geluide geluide
Wat kan ek hoor
Geluide geluide
Hoor met my oor
Die voëltjies sing (tweet tweet), die hondjies blaf (woef woef)
Ek maak klanke en wees lekker laf (lala)
-
Gratis werkaarte:
Subscribe en stuur 'n epos na leerenspeel1@gmail.com
--
Instagram:
/ lami_leer_en_speel_videos
Facebook:
/ lamileerenspeelvideos
--
Donasies:
ko-fi.com/koff...
Baie dankie vir jul ondersteuning.
--
Lami poppies:
/ nessi_noodles_crochet
Vanessa: 076 924 2561
--
Meer oor Lami Leer en Speel Videos:
#afrikaans #kinders #opvoedkundig en opbouend
#stories, #liedjies en #rympies
Hier gaan jou #kleuter leer van #kleure, #vorms en die #alfabet en ook bemoedig word.
100% GRATIS vir almal.
Ek is so bly jy is hier en ek is opgewonde om hierdie pad saam met jou te stap.
Welkom ouers, kinders, kleuters en peuters! Hier gaan ons saam leer en speel in Afrikaans. Ons gaan stories vertel, speel met speelgoed, liedjies sing, rympies opsê en sommer baie nuwe dinge leer.
Kontak ons gerus by: leerenspeel1@gmail.com
Ons maak staat op julle om asb te Subscribe. Tans is 70% van die mense wat ons kanaal gebruik nie subscribed nie. Die Afrikaanse TH-cam mark is maar klein so ons vra ekstra mooi dat elkeen sal subscribe en deel ook asb met julle vriende met kinders.
Op "Lami Leer en Speel Videos" ontmoet ons kinders op hul vlak. Die lesse is saamgestel om kreatiwiteit en nuuskierigheid aan te moedig.
Op hierdie jong ouderdom is jou kind op 'n avontuur om die wêreld te verken. Hul leer deur spontaan te wees en hul is bereid om foute te maak. Dit is ons rol as ouers om hul aan te moedig en inisiatief te verwelkom. Op hierdie manier kweek ons op die ou end volwassenes met 'n liefde vir die lewe.
Die hart van hierdie kanaal is eintlik om ouers te help. Want ouerskap is nie kinderspeletjies nie. Ek hoop hierdie videos gee jou idees van aktiwiteite om saam met jou kinders te doen. En natuurlik is hierdie stories iets Afrikaans vir hulle om te kyk terwyl jy kosmaak.