Die Stem Van Suid Afrika - Asaf Koor Turffontein

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 21 ก.ย. 2024
  • In 1938 het ons volk die Groot Trek herdenk met 'n Voortrekker-Eeufees (1838-1938) d.m.v. 'n Simboliese Ossewa-Trek, wat op 8 Augustus 1938 in Kaapstad afgeskop het. Daar was landwyd fees gevier met talle funksies en simboliese trekke, en almal het bymekaar gekom vir die "grand finale" op 16 Desember 1938 op die gronde van die "komende" Voortrekker Monument in Pretoria. Die Transvaalse hooftrek (met die waens “Andries Pretorius” en “Hendrik Potgieter”) was gelei deur M.C. van Schoor, en het op 5 November 1938 begin. Op 2 Desember 1938 was 8000 mense teenwoordig by die Roodepoort-vieringe, en na die optog deur die dorp, het die waens op die sportterrein tot stilstand gekom. Later die middag is die hele geselskap na Doornkop, waar die Asaf-koor onder leiding van Mnr. J.B.Z. Keet vir die skare opgetree het.
    Om die hele gebeurtenis te herdenk het die Gallo Platemaatskappy ook vier spesiale 78-spoedplate uitgereik op sy Singer-etiket, maar anders as die gewone groen kleur, is diè vier op 'n goue "Voortrekker-Eeufees" etiket uitgegee. Drie van die vier plate was gedoen deur David de Lange met onderskeidelik die Welgens Suikerbossie Orkes, die Singer Voortrekker Orkes en Lourens Se Outydse Orkes. Die eer het die Asaf Koor van Turffontein o.l.v. Mnr. Keet te beurt geval om die vierde plaat op te neem, en hulle het spesiaal 3 snitte daarvoor opgeneem... Die Stem Van Suid-Afrika, Die Transvaalse Volkslied en Afrikaners Landgenote. Die vier besonderse plate is van ons land se grootste musikale Africana! Die plate is wel ook op die gewone groen Gallotone-etiket uitgegee.
    Die Asaf-koor is gestig op 5 Julie 1920 in Melville, Johannesburg, na reuse aanvoerwerk deur S.J. "Oom Fanie" Buys en sy seun Chris Buys. Die eerste dirigent was Mnr. H.A. Delen, destyds die orrelis van die Irene-kerk. Hy is kort daarna in 1921 vervang deur Johan Bernard Zulch Keet, destyds verbonde aan die tegniese personeel van die Hoof Poskantoor in Johannesburg. 'n Man wat behoorlik al sy vrye tyd gewy het aan die bevordering van Afrikaanse musiek d.m.v. die agt Asaf-kore. Die Turffontein-koor is amptelik in 1924 begin. Hy was vir 42 jaar die hoof-dirigent, en is in 1963 opgevolg deur Danie van den Heever.

ความคิดเห็น • 18

  • @Momie_et_Masque
    @Momie_et_Masque 17 วันที่ผ่านมา +1

    Nice recording

  • @dutchskyrimgamer.youtube2748
    @dutchskyrimgamer.youtube2748 2 ปีที่แล้ว +9

    Die Stem is 'n baie mooi volkslied. Ek dink dat die Stem meer vereeniging is dan Nkosi Sikelel iAfrika. Ons vir jou, Suid-Afrika! (Groeten uit Nederland)

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  2 ปีที่แล้ว +3

      Baie dankie! En groete aan julle in die pragtige Nederland!

  • @eduardo-ku8iq
    @eduardo-ku8iq 2 หลายเดือนก่อน +1

    Die Stem is a great and beautiful national anthem from the days when South Africa was safe, well run. Dr Verwoerd was right

  • @WilroJansenvanRensburg
    @WilroJansenvanRensburg 8 หลายเดือนก่อน +6

    Baie mooi alles moes gebly het

  • @debhin
    @debhin 10 หลายเดือนก่อน +4

    Very nice recording

  • @williesmit5234
    @williesmit5234 4 ปีที่แล้ว +6

    Fantasties

  • @edithfalconer3491
    @edithfalconer3491 6 หลายเดือนก่อน +2

    AMEN THANK you lord ❤

  • @jcmenger
    @jcmenger 3 ปีที่แล้ว +8

    So mooi. Groete uit Nederland!

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  3 ปีที่แล้ว +3

      Baie dankie Jan! Groete vir julle in die pragtige Nederland!

    • @genghisthegreat2034
      @genghisthegreat2034 10 หลายเดือนก่อน +3

      Groete ook uit Ierland,

  • @DouglasCharlesWooding
    @DouglasCharlesWooding 3 หลายเดือนก่อน +1

    Die mooiste liet van suit afrika

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  3 หลายเดือนก่อน

      Dankie Douglas, ja die lied lê ons baie na aan die hart. Groete uit Suid-Afrika!

  • @mikesgoodmann9349
    @mikesgoodmann9349 10 หลายเดือนก่อน +3

    What will South Africa be like in 2038, on the 200th Anniversary of the Trek?

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  10 หลายเดือนก่อน +3

      Good question my friend! Hopefully we'll have sort of peace!

    • @thesmithersy
      @thesmithersy 6 หลายเดือนก่อน

      I dread to think. If the EFF go into coalition with the ANC, then South Africa is doomed.

    • @davidchester-smith1074
      @davidchester-smith1074 6 หลายเดือนก่อน

      A beautiful country being destroyed by corruption and bad leaders!