‘Ek is mishandel, verkrag, verwerp, verlaat - maar vandag gebruik God my verhaal’
ฝัง
- เผยแพร่เมื่อ 4 ธ.ค. 2024
- Johannes Wolfaardt se kinderlewe klink soos ’n draaiboek vir ’n fliek met die doel om te skok. Hy is as jong kind mishandel, verkrag en is uiteindelik in pleegsorg geplaas. Maar ook tydens pleegsorg het daar verskriklike goed gebeur en is hy selfs deur een gesin as “hond” buite aangehou. Maar vandag gebruik Johannes sy eie traumatiese verhaal om vir ander hoop te bring.
WAARSKUWING: Dié verhaal kan sommige lesers ontstel.
Prys die Here vir jou. ❤
Dankie vir jou getuienis mag die HERE jou seën en jou gebruik om stukkende mense heel te maak en te genees soos jy ❤ Jy is kosbaar en spesiaal ❤
Baie dankie vir die getuienis. VERWERPING speel n groot rol.
Ek was so ontroer deur jou getuienis. Dit is wonderlik om te sien hoe God se genade jou bemagtig het om positief en dankbaar te bly vir soveel dinge en mense in jou huidige omstandighede.
Omdat jy jouself vergewe het, het jy ook geleer om jouself te aanvaar en jou vermoë om selfs meer lief te hê, sal daagliks toeneem.
Juis daarom kan jy hierdie swaar Kruis met soveel gemak dra. Wat 'n inspirasie is jy nie... Jy was bestem om te skitter.
Ons beproewinge dra God se goedkeuring van ons, nie Sy afkeur nie. Ons deel hierdie dinge met ander en so bou ons God se koninkryk hier op aarde. Mag die Here jou verder seen. Vir Hom is jy baie spesiaal.
Liewe Heer dankie dat u hierdie wonderlike man gehelp het. Bid vir jou🙏🙇🙏🙇
Sjoe! Wat n verhaal. God Seën jou & geliefdes!
Here Jesus dankie dat U vir Johannes genesing kom gee het en hom lief get met n ewige liefde! Alle eer AAN JESUS!
Dankie weet jou seer ek daar ook gestap. JESUS MY GERED
My hart Gaan uit Vir jou meneer
Wat n merkwaardige! man!😢
Hartverkerende verhaal. Maar GOD bly goed.....
Amen