Anton Goosen Silver de Lange

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 16 ต.ค. 2024
  • Agtergrond van Silver de Lange - in 1986 geskryf deur Anton Goosen
    Johannes Petrus (Silver) de Lange (1904-1956) was die leier van die Vyf Dagbrekers-musiekgroep.. Volgens Olie Viljoen was hy ons land se beste konsertina-speler ooit. Sy naaste kompetisie was Faan Harris. Hy het volgens oorlewering sy bynaam, Silver, van die suiwer klanke wat hy uit 'n konsertina kon optower, gekry.
    Ek het een aand by Ollie en sy vrou Estelle gekuier toe hy my die storie vertel en by die aanhoor van die naam Silver de Lange, het ek geweet dis ‘n liedjie.
    De Lange is op 14 Julie 1904 op Vrededorp (in Gauteng) as die oudste van elf kinders gebore. Sy pa het in die Anglo-Boereoorlog geveg en met sy terugkeer gevind dat sy vrou 'n kind by 'n Engelsman gekry het, en is toe geskei. Sy pa trou weer in 1903, en Silver was die eerste kind uit die huwelik. Sy ouers het later 'n serfyn, kitaar en konsertina vir die kinders gekoop, waarop hy leer speel het.
    Sy eerste liefde het op 'n ramp uitgeloop. Kobie het nie dieselfde oor hom gevoel nie en is met iemand anders getroud. Hy is later met 'n geskeide vrou, Francis, met 'n seun uit haar vorige huwelik, getroud. Francis was egter 'n hartlyer en hy het haar een middag dood op die bed aangetref. Hierna het hy vriendinne gehad, maar het nie weer getrou nie.
    Silver was blykbaar 'n perfeksionis. As 'n kitaar of banjo nie suiwer ingestel was nie kon hy baie moeilik word, en as 'n speler verkeerde akkoorde speel, of tyd verloor, het hy sommer sy konsertina toegevou en 'n draai gaan loop.
    As hy lekker gespeel het, was sy oë altyd toe en 'n groot glimlag het op sy gesig verskyn. Die manne het dan geweet dat hy tevrede was met hulle begeleiding.
    Hy is op 'n stadium deur vervaardigers van die Wheatstone-konsertina's in Engeland gekontak om hulle met die herontwerp van hulle wêreldbekende musiekinstrument te help. Die plan is egter nooit deurgevoer nie. Wheatstone is die Rolls Royce van konsertinas. Silver is op 18 Desember 1956 oorlede. Daar is verskillende stories oor sy dood, volgens sy broer het hy 'n beroerte gehad, maar hy is waarskynlik weens breinbloeding dood nadat hy geval en sy kop 'n randsteen getref het.
    Hy was ‘n swerwer en het dikwels by ander mense gekuier en dan na ‘n paar dae weer vort na die volgende toe. Dozi se pa was groot vriende van hom toe hul nog op Standerton gewoon het. Daar het hy en Theuns Opperman saans saam konsertina gespeel om die kombuistafel, maar, vertel Dozi, as Silver die fyn note en draaie speel, dan hou hy die konsertina onder die tafel sodat die ander nie kan sien hoe hy dit doen nie…
    Hy en sy orkes het dikwels vir danse gespeel wat ook as bottelpartytjies bekend was omdat hul soms slegs ‘n bottel wyn tussen “sets” as betaling ontvang het.
    Hy is in die Wesparkbegraafplaas in Johannesburg in te ruste gelê. Die Tradisionele Boeremusiekklub het later sy graf opgespoor en 'n gedenksteen laat oprig in 1985.
    silver de lange
    die konsertina kerm al sy verlange
    in die hande van ou silver de lange.
    hy’t gespeel van die liefde
    maar hy was ’n eensame man.
    ja, ou silver het die pad alleen geloop
    en gedwaal soos net ’n swerwer kan,
    dalk ’n bottel in die hand
    om die wêreld se skerpkant weg te brand.
    dis ’n geleende konsertina vir ’n arm man
    wat kon speel, beter as ’n ander kan,
    as die vyf dagbrekers
    op die radiogrammofoon speel.
    o, dan wonder ek baie oor jou, silver,
    daar’s so baie wat ons twee kon deel
    maar die konsertina’s nou jou weduwee
    en jou hande het afgetree.
    o, speel hom, silver, speel hom weer,
    speel hom, silver, nog ’n keer.
    die konsertina kerm verlange
    in die hande van silver, silver de lange.
    en kom die paaie van die ou musikante
    by die kruising van die hemel se rante
    en ’n man hoef nie meer
    vir ’n sjieling op ’n dag te speel.
    en ek wonder hoe baie, baie harte
    het ou silver in sy lewe gesteel.
    maar die konsertina’s nou sy weduwee,
    hy’t sy hart net vir haar gegee.
    en watter vrou het gekyk in jou oë se blou
    as jou vingers om die wheatstone se note vou?
    wie’t die hartseer man
    teen haar bors getroos?
    ja, die wêreld’s nog dieselfde, ou silver,
    hy’s hard en hy’s voos en hy’s boos.
    het jy alleen gespeel en musiek gemaak
    toe jou hande aan die stilte raak?
    o, speel hom, silver, speel hom weer,
    speel hom, silver, nog ’n keer.
    die konsertina kerm verlange
    in die hande van silver, silver de lange.

ความคิดเห็น •