DIE LEUEN WAT DIE WAARHEID BEVESTIG. Matteus 28: 11-15
ฝัง
- เผยแพร่เมื่อ 17 ม.ค. 2025
- In die volgende weke gaan ons in die prediking kyk na verskillende mense se reaksie op die besef dat Jesus werklik uit die dood opgestaan het, toe Hy aan hulle verskyn het: Die Romeinse wagte, die vroue wat Jesus gevolg het, en die twaalf dissipels, en ook Stefanus en Paulus aan wie Christus op ‘n ander manier verskyn het.God se waarheid staan vas, ongeag wat mense daarvan dink of sê. Verder kan geen leuen wat deur ‘n mens, en eintlik deur die Satan self gefabriseer word, God se waarheid onwaar maak nie. Dit is veral so met die opstanding van Jesus Christus. Jesus se opstanding uit die dood, staan vas, dis ‘n waaragtige waarheid, ‘n historiese feit! Vir sommige is dit bog, vir ander ‘n ongemaklike waarheid wat hulle liewer sal ontken, maar dit maak dit nie Jesus se opstanding onwaar nie.
Vanoggense fokus val op die reaksie van die Romeinse wagte en die priesterhoofde van die Joodse volk.