Van Glas 2024

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 9 พ.ย. 2024
  • Anya is van glas gemaak, of so glo haar ma. Vir 6205 dae groei sy al in daai bottel, maar sy is besig om te versmoor. Daar is net een reël, "Moenie die glas breek nie!" Sy smag na iets meer, meer as wat haar ma ha toelaat. Die groot vraag is wat as die glas breek? Wat as iemand die plantjie water gee en sy groei te groot vir die bottel?
    Teks: Marcel Spaumer verwerk deur Cleo-Lee Kruger
    Regie: LYDIA JAQUIRE & CLEO-LEE KRUGER
    Neem deel aan ATKV tienertoneel op 5 Augustus waar meer as 30 produksies aan deelgeneem het en behaal die volgende prestasies:
    Die produksie verwerf ‘n algehele Silwer prestasie.
    Cleo-Lee Kruger ontvang Goud vir toneelspel, Silwer vir regie, Silwer vir stelontwerp en inkleding. Sy is ook een van 3 nominasies vir beste Aktrise tydens die kompitisie.
    Lydia Jaquire ontvang Silwer vir regie, Silwer vir beligtingshantering en Silwer vir stelontwerp en inkleding.
    Leonard Barnard ontvang Silwer vir stelontwerp en inkleding.
    Ciara Archer ontvang Silwer vir Beligingsontwerp en Brons vir klankoperateur.
    Wouter Smit ontvang Brons vir Verhoogbestuur.
    Hulle neem ook deel aan die FAK Alegretto Tienertoneel fees op 14 Augustus waaraan 11 ander produksies aan deelgeneem het en behaal die volgende prestasie:
    Die produksie ontvang ‘n algehele Brons prestasie en word genomineer vir Beste Leerderproduksie. Die groep ontvang Silwer vir Ensemble.
    Cleo-Lee Kruger ontvang Goud vir toneelspel, Brons vir regie, Brons vir plakkaat en Brons vir kostuums. Sy is ook een van 2 nominasies vir beste Aktrise tydens die kompitisie, sy behaal 2de plek.
    Lydia Jaquire ontvang Brons vir regie, Silwer vir beligtinghantering.
    Leonard Barnard ontvang Silwer vir dekor en Brons vir spel.
    Ciara Archer ontvang Brons vir Beligingsontwerp, Goud vir klankhantering, Goud vir tegniese aspekte en Brons vir klanksamestelling.
    Wouter Smit ontvang Goud vir Verhoogbestuur en Silwer vir Dekor.

ความคิดเห็น •