Andries Bezuidenhout - Droom van die Kamdeboo

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 4 ต.ค. 2024
  • Droom van die Kamdeboo, van Andries Bezuidenhout se album "Trooskantates" (5 Julie 2024 vrygestel). In die Kandeboo verfilm en 'n bietjie meer trippy gemaak met behulp van animasie en kunsmatige intelligensie. In die video is daar verwysings na road trips deur die woestyn in Suid-Afrikaanse en Amerikaanse populêre kultuur (Thelma & Louise, Bagdad Café, Jack Kerouac). 'n Fantasie, 'n droom, of 'n herinnering van 'n rit deur die Karoo in 'n daklose Mercedes-Benz uit die 1970s.
    Woorde en musiek: Andries Bezuidenhout
    Opgeneem en gemeng: Andries Bezuidenhout
    Klankmeester: Willem Möller
    DROOM VAN DIE KAMDEBOO
    Kyk in die truspieël kom die son nou op
    Koffie uit die Stanley vir ‘n oomblik se stop
    By bankies van beton onder ‘n bloekomboom
    Onderkant die bergpas is die Kamdeboo
    Die spoedmeter is vlot en volkome tweetalig
    Dit praat kilo’s per uur, maar is ook in myle vaardig
    Jy lees jou spoed nie op ‘n naald nie, maar horisontaal
    Soos ons seil verby ‘n rooivalk op ‘n telefoonpaal
    Rooi leersitplekke, kattebak met vinne
    Mixtape op die deck vir die beat hier binne
    Tussen Pearston en Graaff-Reinet my grootste wens
    ‘n Blink swart convertible seventies Benz
    Ja, Lucy Jordan kan die Eiffeltoring maar hou
    Van Thelma en Louise kan ek net die einde onthou
    Na Bagdad Café sal jy vir ewig hier rond soek
    En vir Jack Kerouac het ons dekades gelede gegroet
    Matchbox full of diamonds, en Riders on the storm
    Die Mystic Boer dans doer in ‘n warrelwind rond
    Oor die speakers sing Kerkorrel weer oor ‘n sprinkaanplaag
    Soos die vlaktes in die skemer in ‘n berghang verdwaal
    Rooi leersitplekke, kattebak met vinne
    Mixtape op die deck vir die beat hier binne
    Tussen Pearston en Graaff-Reinet my grootste wens
    ‘n Blink swart convertible seventies Benz
    Ons het nêrens om te wees nie, nêrens om heen te gaan nie
    En hoe ons hier gekom het gaan niemand juis aan nie
    Telefoonpale, vlieswolke daar bo
    Net ons en die vlaktes van die Kamdeboo
    Rooi leersitplekke, kattebak met vinne
    Mixtape op die deck vir die beat hier binne
    Tussen Pearston en Graaff-Reinet my grootste wens
    ‘n Blink swart convertible seventies Benz
    Is hierdie die waarheid, of iets wat ek onthou
    Of dalk net ‘n wens of ‘n droom vir nou?
    Maar dis ek agter die stuur en jy langs my
    Van Pearston al die pad by Graaff-Reinet verby
    © Andries Bezuidenhout

ความคิดเห็น • 2

  • @toscabrutus1781
    @toscabrutus1781 4 หลายเดือนก่อน +2

    Andries ek hou van jou talent en jou steil! Groete uit Lima Peru

  • @MegaRooikat
    @MegaRooikat 2 หลายเดือนก่อน +2

    Soos onder in Australie ook. Brilliant lyrics for a road I travelled many times