NUWE JY Episode 3: Kos en kosmaak hoef nie VERVELIG te wees nie!

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 31 ม.ค. 2025
  • Welkom by episode 3 van ons NUWE JY realiteitsprogram, aangebied in samewerking met Slender Wonder! Vir 'n mooier, gelukkiger en gesonder JY! Venessa Schoeman van Voelgoed Media bied hierdie program aan saam met 'n span kundiges, dokters en borge.
    In ons DERDE episode, wys sjef Corli Prinsloo die deelnemers hoe om gesonde maar lekker kos te maak, en dan moet drie deelnemers aan 'n kook kompetisie deelneem. Kos hoef nie vervelig te wees nie!
    Die doel van hierdie realiteitsprogram is om gewone vroue binne en buite te transformeer. Hierdie reis fokus nie net op uiterlike voorkoms nie, maar delf dieper om seker te maak deelnemers raak ook ontslae van die emosionele bagasie wat hulle terughou om die beste weergawe van hulself te word! Dit is soveel meer as net 'n "make-over" program!
    Ons hoop hierdie program sal jou waardevolle insigte en wenke gee om jou eie reis na 'n NUWE JY te begin!
    Nuwe JY: Kos en kosmaak hoef nie VERVELIG te wees nie!

ความคิดเห็น •