Vriende en potgooie - 'Hartswysheid en kopkennis vir vriende' is ingekleur op potgooie.
ฝัง
- เผยแพร่เมื่อ 21 ม.ค. 2025
- Hartswysheid en kopkennis is soms so ver van mekaar verwyderd as die ooste van die weste. Tog moet ons op die ingewing van die oomblik talle besluite maak wat elke deel van ons verhoudinge en omstandighede beïnvloed. Met die uitdagings ingedagte stel ek graag Hartswysheid en kopkennis vir vriende aan jou bekend.
Hartswysheid en kopkennis vir vriende is ‘n uitdrukking van die liefdeswerk wat Ds Wynand Louw en Dr Barbara Louw oor meer as drie dekades in die bediening geleer en beleef het. Hierdie boek is sterk gewortel in die Woord van die Here en is bedoel vir vriende, familie en kollegas wat waarde sal vind in praktiese wenke oor hoe om ander te bemoedig en aan te moedig.
Die boek word ondersteun deur daaglikse potgooie wat ingedeel is in sewe dae: Maandagmoeilikheid, Dinsdagdinge, Woensdagwonders, Donderdagdrome, Vrydagvrede, Saterdagskatte en Sondagseen.
Die potgooie is beskikbaar op www.barbaralou....
Hartswysheid en kopkennis vir vriende bevat 150 bladsy, met illustrasies, praktiese aktiwiteite en toepassings. Die prys is R 200-, posgeld uitgesluit. Boeke kan aanlyn bestel word van bestel@blueagle.co.za.