Kleinfontein Afrikaner Kultuurdorp Huis Te Koop vir veiligheid en uitsig. Kontak Gustav 0827831944

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 11 พ.ค. 2024
  • #kleinfontein #kleinfonteineiendomme #orania
    Hierdie siersteen Huis bied die volgende: 3 slaapkamers, 2 badkamers sit en eetkamer oopplan kombuis. Hoofslaapkamer met en-suite. Dubbelmotorhuis, stoep met ‘n lieflike uitstig.
    Is jy moeg vir die besige lewe in die Stad? Kom koop ‘n eiendom in Kleinfontein wat geleë is net buite Pretoria-Oos en geniet ‘n gesonde leefstyl in ‘n landelike atmosfeer terwyl jy steeds naby genoeg is aan alle geriewe byvoorbeeld Hospitale, Winkelsentrums, Skole ens.
    Kleinfontein is geleë bo-op die Magaliesberg met 'n panoramiese uitsig na die Bronberge.
    Kleinfontein is 'n eksklusiewe, Afrikaner Kultuurdorp en bied die volgende: ‘n Wildpark, Tennisbaan, Rugbyveld, Winkelsentrum, Sorgsentrum en Natuurlike Damme.
    Eiendom in Kleinfontein is te koop in die vorm van ‘n Aandeleblokskema. Volgens Wikipedia word ‘n Aandeleblokskema beskryf soos volg: “'n Aandeleblokskema is 'n vorm van eiendomsbesit in Suid-Afrika. In 'n Aandeleblokskema het eienaars sekere gebruikersregte op bepaalde blokke van eiendom in hul besit, terwyl 'n aandeleblokmaatskappy die hele eiendom besit. Die eienaars is aandeelhouers van hierdie aandeleblokmaatskappy en die gebruikersregte op 'n bepaalde deel van die eiendom is verskans in hul aandele.”
    Alle voornemende Kopers is onderhewig aan ‘n Verblyf reg-keuringsproses. Besoek gerus Kleinfontein se webwerf vir meer informasie.
    Kleinfontein is geleë op die Magaliesbergreeks, ongeveer 26 km Suid-Oos van Pretoria (naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton) op die Historiese Terrein. Kleinfontein is gelukkig om baie natuurlike hulpbronne te hê wat benut kan word bv water, son en wind.
    Skakel een van ons Agente vandag vir meer informasie.
  • บันเทิง

ความคิดเห็น • 5

  • @melodybergpekema9852
    @melodybergpekema9852 หลายเดือนก่อน +1

    Pragtige eiendom wat grens aan die Wildpark. Wat n manier om jou eerste koffie en stilte tyd van die dag met so n uitsig op jou lekker stoep te geniet. My droom-huis.

  • @KleinfonteinEiendom
    @KleinfonteinEiendom  หลายเดือนก่อน +1

    Kontak gerus vir Gustav Kriel op: +27827831944 vir meer informasie

  • @anna-marikok91
    @anna-marikok91 หลายเดือนก่อน

    Wow, dis n ongelooflike mooi uitsig!

    • @anna-marikok91
      @anna-marikok91 หลายเดือนก่อน

      Waar kan ons nog fotos en videos sien van die huis binne asseblief?

  • @user-ug9hi7lz1h
    @user-ug9hi7lz1h หลายเดือนก่อน

    Veilige en rustige aftree Aera