VELDDRIF. Vlug van die seemeeu (1972)

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 26 ก.ย. 2024
  • Opgelaai deur Inus Bester op Woensdag 10 Februarie 2016.
    Vlug van die Seemeeu (Flight of the Seagull) is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1972 deur Quadro Films vervaardig en uitgereik is. Koos Roets was die regisseur.
    Dele van die film speel ook af by die Bergrivier en Carinus Brug in Velddrif, die ou pad tussen Velddrif en die St. Helenabaai-afdraai voor die Velddrif-Vredenburg-pad opgradeer is in 1985 (waar hulle agterop die lorrie ry), die see by St. Helenabaai én die ou Vredenburg-hospitaal (voor opgradering tot die huidige Provinsiale Hospitaal).
    Ná ’n verlowing van amper vier jaar verbreek Leonie haar verhouding met Fritz, ’n beroemde dirigent en komponis. Fritz hanteer dit nie goed nie en word tronk toe gestuur ná ’n tref-en-trap-ongeluk terwyl hy onder die invloed is. Hy word later vanweë goeie gedrag vrygelaat, maar is geskok deur die skynheiligheid van die mense wat hom eens aanbid het.
    Die akteurs is onder andere Don Leonard, Pieter Joubert, Trudi du Plessis, Wena Naudé, Sann de Lange en Wilna Snyman.
    • Geen kommersiële voordeel word uit hierdie video verkry nie, dis alleenlik vir opvoedkundige doeleindes. Artikel 107 van die Wet op Kopiereg, 1976, maak voorsiening vir “redelike gebruik” vir doeleindes soos kritiek, kommentaar, nuus verslaggewing, onderrig en navorsing. Dus word eienaarskap van die video nie uitgedaag nie en bly dit die eiendom van die kopiereg-houer.
    • No commercial gain is being made from this video, it is for educational purposes only. Under Section 107 of the Copyright Act, 1976, allowance is made for "fair use" for purposes such as criticism, comment, news reporting, teaching and research. Therefore ownership of the video is not challenged and remains the property of the copyright holder.

ความคิดเห็น • 19

  • @premierhoner614
    @premierhoner614 หลายเดือนก่อน

    Wys jou net... Vandag is jy bo, en more word die mat onder jou uit geruk. Laat dit vir ons almal n les wees.....
    Baie dankie vir die plasing van die film. ❤❤

  • @mahomedshahan3377
    @mahomedshahan3377 3 ปีที่แล้ว +1

    Baie dankie dit was baie mooi

  • @LizaVDB1
    @LizaVDB1 4 ปีที่แล้ว +2

    Baie goeie movie, dankie vir deel met ons.

  • @toekafrank6998
    @toekafrank6998 4 ปีที่แล้ว +1

    Dankie! Lekker om die Boland van my jeug weer the sien.

  • @kitty-rp7bg
    @kitty-rp7bg 5 ปีที่แล้ว +1

    Thank you...

  • @johannestheodorusblignaut9264
    @johannestheodorusblignaut9264 3 หลายเดือนก่อน +1

    Lank lank gelede❤

  • @SLjansvrensb.
    @SLjansvrensb. 4 ปีที่แล้ว +1

    Ophou kyk 34:29 wanvoorstelling oor God wat in musiek is gemaak is.

    • @anitadeclerck6000
      @anitadeclerck6000 4 ปีที่แล้ว

      Nee man, is jy nou laf om so iets te sê?

    • @SLjansvrensb.
      @SLjansvrensb. 4 ปีที่แล้ว

      @@anitadeclerck6000 Ek lees nêrens in Die Bybel dat God in musiek is, so dit moet ń wanvoorstelling wees en dit tas God se Eer aan en dit is pantheïsme

    • @anitadeclerck6000
      @anitadeclerck6000 4 ปีที่แล้ว

      @@SLjansvrensb. God is oral, ook in musiek.

    • @SLjansvrensb.
      @SLjansvrensb. 4 ปีที่แล้ว

      @@anitadeclerck6000 God is alomteenwoordig , maar nie in alles nie, maar in sy uitverkorenes is sy Heilige Gees. Maar die Vader en Seun is in die hemel. Die HEER gee gawes, jy het verantwoordelikheid om dit reg te gebruik tot eer van Sy Naam. Jy kan nie God (Die Skepper) gelyk stel aan geskape dinge en mensewerke(musiek) nie, dis afgodery. Wil jy sê God is ook in die duiwel???

    • @anitadeclerck6000
      @anitadeclerck6000 4 ปีที่แล้ว

      @@SLjansvrensb. Ag kom nou, jy ruk die hoender hier. Bly jy maar op jou klip en ek bly op myne. Jy is stiksienig en ek nie. Vir my is God oral en Hy is Almagtig. Die duiwel is 'n gevalle engel en ek hou nie die duiwel wakker om aan dit te dink en nonsens in die skepping te sien nie. Daar was absoluut niks fout met wat in die fliek gebeur het nie. Kom ons "agree to disagree". Ons is tog nie maatjies nie, thank goodness! Plaas daarvan dat jy die mooi raaksien, want daar is so baie daarvan - wees eerder net dankbaar vir al die gawes. Ek sien dit as afgehandel. Koebaai en gaan jou geweldig.

  • @ДмитрийПеров-у9ю
    @ДмитрийПеров-у9ю 6 ปีที่แล้ว +2

    *Vlug van die Seemeeu/Полёт Чаек*.
    Очень хороший фильм. Есть над чем задуматься.
    Жизненный , реальный , без всяких заумных фантазий.
    Diеser Spielfilm ist Sehr Gutlich. Tchuss aus Russland !!!

  • @empret7704
    @empret7704 5 ปีที่แล้ว +1

    Ek het ook so haarband gehad as kind met gevlegde hare ... so bevoreg om oud te kon word ... dankie vir die film xxx