Paarl Gim vs. Boishaai: Interskole skop af
ฝัง
- เผยแพร่เมื่อ 7 ม.ค. 2025
- Die land se grootste interskolebyeenkoms het begin en die strate van die Paarl is die afgelope week in ’n kleurspel omskep met baniere in óf wit en blou, óf groen, geel en maroen, wat die Galpille en die Bloedworse verteenwoordig. Die Hoërskool Paarl Gimnasium met die Hoër Jongenskool Paarl (HJS) - in samewerking met die Hoër Meisieskool Paarl - ding al meer as 100 jaar teen mekaar mee in verskillende sportsoorte, waarvan rugby die grootste opwinding verskaf.Saterdag word sowat 25 000 mense by die 102de rugbywedstryd tussen die eerstespanne van dié skole verwag - op die Paarl Gimnasium se rugbyveld in Faurestraat. Die wedstryd word ook regstreeks op Supersport uitgesaai. Video: Nadine Theron