Deon Meiring - Bliksoldaat

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 13 ก.ย. 2024
  • Liedjie geskryf deur Deon Meiring, vervaardig deur Johan Viljoen
    Stream die liedjie hier: song.link/za/i...
    Kamera: Etienne Swanepoel - Paper Plane Media
    Edit: Zinelda McDonald en Deon Meiring
    Danser: Malindi Burden
    Lirieke:
    sal 'n soldaat
    soos ek
    met my blikbajonet
    ooit deurdring tot jou
    delikate ballet
    in die meer
    wat weerkaats
    voor die deur
    waar jy dans
    herken ek myself
    in jou pirouette
    ek is standvastig
    ek is dapper
    ek is versigtig
    jy maak my swakker
    as wat ek
    ooit mag wees
    selfs in die donker
    waar ek wegsink
    aanhou wonder
    oor wat jy dink
    sal ek vastrapplek vind
    ek het pligsgetrou
    op aandag gestaan
    maar nog steeds
    het die wind my weg
    van jou af gedra
    sal 'n skoonheid
    soos jy in jou
    kasteel van papier
    vir my wag
    tot die noodlot
    my weer terug
    tot by jou stuur
    ek is standvastig
    ek is dapper
    versigtig
    jy maak my
    swakker
    as wat ek
    ooit mag wees
    selfs in die donker
    waar ek wegsink
    aanhou wonder
    oor wat jy dink
    sal ek vastrapplek vind
    toe ek uiteindelik
    die lig weer sien
    was niks
    nog so mooi
    soos jou
    beweging nie
    ek het van binne af
    gebrand
    sterker as die vlam
    waarin ek en jy saam
    sou smelt
    en vergaan
    ek is standvastig
    ek is dapper
    versigtig
    jy maak my
    swakker
    as wat ek
    ooit mag wees
    selfs in die donker
    waar ek wegsink
    aanhou wonder
    oor wat jy dink
    sal ek vastrapplek vind
    ek is standvastig
    ek is dapper
    versigtig
    jy maak my
    swakker
    as wat ek
    ooit mag wees
    selfs in die vlamme
    waar ons
    wegsmelt
    nader aan jou
    as aan myself
    sal ek
    jou weer vind
    #deonmeiring #afrikaans #bliksoldaat

ความคิดเห็น • 47

  • @thatssog2547
    @thatssog2547 2 ปีที่แล้ว +1

  • @MaviSage730
    @MaviSage730 7 หลายเดือนก่อน

    Ek onthou die storie. My meisiekind se gunsteling stories voor slaaptyd. Lief die song Deon! Dankie!!❤

  • @michalpotgieter8212
    @michalpotgieter8212 ปีที่แล้ว

    Was n groot glaskas fan. Het vandag weer gedink aan deon se tunes.
    Luister vandag nog heeltyd die musiek.
    Baie cool 💪🏽

  • @daniereenwolfdutoit6743
    @daniereenwolfdutoit6743 5 ปีที่แล้ว +22

    Beste songwriter in Aftikaans. Befokte video en song!

    • @DeonMeiring
      @DeonMeiring  5 ปีที่แล้ว +1

      Reënwolf ou, jy is die beste! Thanks!

  • @coenraadpieterse414
    @coenraadpieterse414 2 ปีที่แล้ว +1

    wow dis n lekker song

  • @nicocarstens3753
    @nicocarstens3753 ปีที่แล้ว +1

    Baie nice song ek jou baie van die song en die manier hoe jy dit sing keep up nice

  • @nicouys2311
    @nicouys2311 10 หลายเดือนก่อน

    Hi Deon jy was vanoggend im Saldanha Gemeente was so verras om jou te sien .Ek het langs jou kom staan vir foto darem eers jou vrou gevra. Hierdie liedjie het n groot i indruk op my gemaak. Dit regtig n mooi lied Dankie vir die foto🤗

  • @christoerasmus1412
    @christoerasmus1412 4 ปีที่แล้ว +1

    Deon jy is briljant van my skool dae al af van glaskas tot efel tot dans dans liza.. Tot op jou eie.. Danki vir jou musiek en hoop om n bevokte lied tehoor saam jou en spoegwolf.. Julle is ledgends
    #afrikaansbevok

  • @riavanrensburg5690
    @riavanrensburg5690 4 ปีที่แล้ว +2

    Sommer net nog ietsie-"meesterstuk" is nogsteeds n pragtige song na al die jare,jy moenie ophou met daai nie

  • @Jfourie94
    @Jfourie94 5 ปีที่แล้ว +4

    Beste Afrikaanse lied vir 2019!!!!

    • @DeonMeiring
      @DeonMeiring  4 ปีที่แล้ว

      Jean Fourie Baie dankie!

  • @LiNuX_ZA
    @LiNuX_ZA 4 ปีที่แล้ว +1

    Deon jy bly een van my gunsteling digters. Great song !

  • @tiaanengelbrecht
    @tiaanengelbrecht 5 ปีที่แล้ว +7

    Killed it Deon! Tune van die jaar, ek bly by my stelling!

    • @DeonMeiring
      @DeonMeiring  5 ปีที่แล้ว

      Dankie Tiaan Engelbrecht 😄

  • @riavanrensburg5690
    @riavanrensburg5690 4 ปีที่แล้ว +3

    Pragtig! Ietsie wat sommer net met jou hart praat...sterkte,Deon- jy kan groot raak met daai een

    • @DeonMeiring
      @DeonMeiring  4 ปีที่แล้ว

      Ria van Rensburg dankie!

  • @JERRYGOODE
    @JERRYGOODE 5 ปีที่แล้ว +3

    Lekker bra! Kry die songs uit boeta

    • @DeonMeiring
      @DeonMeiring  5 ปีที่แล้ว +1

      Gerhardt J. Van Der Merwe dankie! 😄

  • @juanittapotas2163
    @juanittapotas2163 5 ปีที่แล้ว +2

    Die song !!!!Deon dis flipen mooi!!!!!

    • @DeonMeiring
      @DeonMeiring  5 ปีที่แล้ว

      Juanitta Potas baie dankie! 😄

  • @Jacob-qk4kz
    @Jacob-qk4kz 5 ปีที่แล้ว +2

    Hierdie is weereens fantasties!

    • @DeonMeiring
      @DeonMeiring  5 ปีที่แล้ว

      Jacques Strydom baie baie dankie!

  • @tiaandupreez
    @tiaandupreez 5 ปีที่แล้ว +2

    ❤🎵🔊
    So mooi!!!
    Jou songs bly mooi en jy bly een van die beste musikante daar buite!!! !!!

    • @DeonMeiring
      @DeonMeiring  5 ปีที่แล้ว

      Baie dankie tiaandupreez ek waardeer jou ondersteuning!

  • @stephanjrdevilliers8854
    @stephanjrdevilliers8854 5 ปีที่แล้ว +3

    Well done Deon, pragtige liedjie.

    • @DeonMeiring
      @DeonMeiring  5 ปีที่แล้ว +1

      Baie dankie Stephan jr de Villiers!

  • @Vlinder007
    @Vlinder007 5 ปีที่แล้ว +2

    Spreek tot n mens se siel en hart.💗

    • @DeonMeiring
      @DeonMeiring  5 ปีที่แล้ว

      Ek’s bly! Baie dankie!

  • @annerigouws6090
    @annerigouws6090 5 ปีที่แล้ว +2

    Mal oor die liedjie!

    • @DeonMeiring
      @DeonMeiring  5 ปีที่แล้ว

      Anneri Gouws baie dankie!

  • @caitysmit3195
    @caitysmit3195 5 ปีที่แล้ว +2

    Dis so n mooi liedjie😍

  • @jeandupreez5546
    @jeandupreez5546 5 ปีที่แล้ว +1

    Dis so n mooi muisie

  • @christiaaneckley5636
    @christiaaneckley5636 5 ปีที่แล้ว +2

    Amazing geskryf. Thoroughly enjoyed it!

    • @DeonMeiring
      @DeonMeiring  5 ปีที่แล้ว

      Ek waardeer dit, dankie!

  • @magdeleenmoller9796
    @magdeleenmoller9796 5 ปีที่แล้ว +2

    Flippen mooi!!!

  • @lynneklug7906
    @lynneklug7906 5 ปีที่แล้ว +2

  • @yanniscoetzer9811
    @yanniscoetzer9811 5 ปีที่แล้ว +2

    Watse kerk musiek is die😂😂nee ek grap😂 Dis n flippen mooi liekie

  • @veralubbe6484
    @veralubbe6484 3 ปีที่แล้ว +1

    where was this song shot? I cape town.????

    • @DeonMeiring
      @DeonMeiring  3 ปีที่แล้ว

      Paarl 😉

    • @veralubbe6484
      @veralubbe6484 3 ปีที่แล้ว

      thank you dion.that was a beautiful song.greetings from springbok.namaqualand.👍🌻🌼🌻🌼

  • @NiceOneChameleon
    @NiceOneChameleon 3 ปีที่แล้ว +1

    Is this the same Melindi who sings this song?
    th-cam.com/video/DH0SF5E24sE/w-d-xo.html

    • @DeonMeiring
      @DeonMeiring  3 ปีที่แล้ว

      Yes, that’s the one!