Die Dapper Muis | Afrikaans Kinderliedjies | Kleuterskool liedjies | The Brave Mouse Afrikaans Rhyme

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 26 มิ.ย. 2018
  • lirieke van die liedjie Die Dapper Muis:
    Ek's 'n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis,
    en daar's niks waarvoor ek skrik nie.
    Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang,
    nee daar's niks waarvoor ek skrik nie.
    En sê nou daar's 'n kat!
    Oe, 'n kat!
    Ja, 'n kat met 'n huis wat altyd hunker na 'n muis.
    Ag nou ja!
    Buiten vir 'n kat, is daar niks waarvoor ek skrik nie.
    Ek's 'n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis,
    en daar's niks waarvoor ek skrik nie.
    Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang,
    nee daar's niks waarvoor ek skrik nie.
    En sê nou daar's 'n valletjie
    Oe, 'n valletjie!
    Ja, 'n ding wat val met 'n gruwelike knal.
    Ag nou ja!
    Buiten vir 'n kat en 'n valletjie,
    is daar niks waarvoor ek skrik nie.
    Ek's 'n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis,
    en daar's niks waarvoor ek skrik nie.
    Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang,
    nee daar's niks waarvoor ek skrik nie.
    En sê nou daar's 'n uil.
    Oe, 'n uil!
    Ja, 'n uil van wie muise altyd skuil.
    Ag nou ja!
    Buiten vir 'n kat en 'n valletjie en 'n uil,
    is daar niks waarvoor ek skrik nie.
    En wat van 'n lawaai, soos 'n haan wat kraai,
    en 'n gebr /eek en 'n gekraak en iets wat tjiep-tjiep maak.
    En 'n geklingel en 'n getingel en 'n gekletter en 'n geknetter,
    en 'n boems en 'n kardoems.
    Waar's jy?
    O buiten vir 'n kat met 'n gryns wat altyd hunker na 'n muis
    en 'n ding wat val met 'n gruwelike knal
    en 'n uil in die nag wat vir muise sit en wag
    en 'n huis met 'n lawaai soos 'n haan wat kraai.
    'n Gebr /eek, 'n gekraak, iets wat tjiep-tjiep maak.
    'n Getjingel, 'n getingel, 'n gekletter, 'n geknetter
    en 'n boem en 'n kardoems
    Oe-eee!
    Is daar niks waarvoor ek skrik nie.
    Jy Jok!

ความคิดเห็น •