DIE KERK VAN CHRISTUS VERTEL STORIES VAN BEKERING Handelinge 9.

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 22 พ.ค. 2020
  • Wanneer ons oor die kerk gesels is baie keer negatief - ons gesprekke het ‘n bulletinbord vir klagtes geword.
    Die boek Handelinge is ‘n reeks stories oor die kerk. Dit is die stories wat destyds graag vertel is. Baie opvallend in Handelinge is die bekeringstories . Die kerk leef van sulke bekeringstories, ‘n Gemeente wat nie meer bekeringstories het om te vertel nie, moet onrustig slaap. Sonder bekerings beteken dit dat die kerk so aangepas het by die wêreld dat geen verandering meer nodig is nie. As daar nie bekering is nie, beteken dit dat God se stem nie meer gehoor word nie, of dat mense nie beleef dat hulle deur Hom geroep word nie.
    Waarom het hierdie stories dan veral in Gereformeerde kringe stil geraak? Nou tydens die grendeltyd verlang ons intens na die samekoms van die gemeente, na mekaar. Dalk is dit ook tyd om te vra, waarna verlang ons? Watter stories vertel ons wat ons laat verlang na die kerk? En laat ons stories ander ook verlang om God te ontdek?

ความคิดเห็น •